Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Miss Free State Teen straal in sonneblomrok van voorblaaie
Lanelle Hurter, Miss Free State Teen SA, in haar sonneblomrok. Dit is gemaak van die voorblad van ‘Sarie’ se voorblad in Januarie vanjaar en ‘Bloemnuus’ se voorblad van 4 Maart. Foto: Verskaf

In ’n kreatiewe rok vol sonneblomme gemaak uit Media24-koerante en -tydskrifte het ’n stralende Lanelle Hurter (18) Saterdag op die verhoog alle oë op haar gehad.

En groot was die vreugde toe sy as Miss Free State Teen SA gekroon is in die kompetisie by die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein.

Lianda Hurter, Lanelle se ewe kreatiewe ma, het die rok saam met haar gemaak. Sy sê die deelnemers moes wys hoe  ’n rok met herwinbare materiaal van tydskrifte en koerante geskep kon word.

Die Hurters sê met die instap vroeër by Volksblad se gebou het hulle dadelik die Bloemnuus van 4 Maart met ’n foto van geel sonneblomme op die voorblad raakgesien. Ongeveer 20 Bloemnuus-sonneblomvoorblaaie later het die korset met die hulp van Tokreen, ’n soort gom, vorm aangeneem. Altesaam 30 Sarie-voorblaaie van Januarie vanjaar het die romp van die rok gevorm.

Lianda sê weens die inperking kon die aanbieding van dié deel van die Little Miss Free State- en Miss Free State SA-kompetisie eers Saterdag plaasvind.

Sy sê die aanbieders, Anri Powell en Yolandé Koupis, het die vroue deur die grendeltyd met uitdagings kreatief besig gehou.

Lanelle is vanjaar ’n matriekleerling aan die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein. Sy sien uit na die jaar wat voorlê en is dankbaar vir die geleentheid. Sy wil ander inspireer en graag ’n verskil maak.

Lianda sê danksy die hulp van die vriendelike vroue by Volksblad se ontvangs kon hulle die regte materiaal opspoor om ’n eg Vrystaatse sonneblomrok van blaaie van Bloemnuus en Sarie te maak.

Meer oor:  Lanelle Hurter  |  Voorblaaie  |  Sonneblomrok  |  Miss Free State Teen  |  Tiener
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.