Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
My Buurt: Onthou jy hoe ry dié trein?

‘Ons het die ou stoomtrein wat by die treinstasie (in Springs) ten toon gestel word van naderby beskou,” lui ’n inskrywing van die Facebook-blad Springs – History of a Gold Town.

“Die arme ding is verwaarloos en misbruik. Sy het ernstige liefde en sorg nodig.”

Die stoomtrein wat by die Springs-treinstasie ten toon gestel word.Foto’s: FACEBOOK
’n Lugfoto van die stoomtrein.

Talle Facebook-gebruikers het hul misnoeë oor die verwaarloosde trein uitgespreek en hul herinneringe oor hul dae as stoomtreindrywers gedeel.

“Die enjin is deur my oupa, Syd Gainsford, gedryf,” skryf Beverley Lawson.

“Ek was baie klein. Nou het dit ten gronde gegaan.”

John Nolan het vir sy makkers geskryf: “Ek dink ons hét (destyds) die liefling ’n bietjie liefde en sorg gegee.”

Hierop het Gregory Lubbe geantwoord: “O, definitief. Ek onthou die spoorwegpolisie het ons oral deur Strubenvale gejaag.”

Meer oor:  Springs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.