Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
My lyf raak seer as ek oefen. Hoe nou?

Is een van jou nuwejaarsvoornemens om gesonder te lewe? Daar is hulp om jou leefstylrevolusie in 2018 te begin. Op Via (DStv-kanaal 147) se dieetprogram Genoeg, skud 13 oorgewig mense die kilo’s af met die hulp van die kennerpaneel. Elke week op Netwerk24 deel die Genoeg-kenners hul raad om die weg na ’n gesonder jy te baan.

Pierre Spies, persoonlike afrigter van Genoeg, saam met een van die deelnemers, Monique Stofberg. Foto: Verskaf

Dis belangrik om na jou liggaam te luister en na jou liggaam om te sien, meen Pierre Spies, persoonlike afrigter op Genoeg.

“Dit is normaal as jy doms (delayed onset of muscle soreness of vertraagde spierpyn) ervaar ongeveer twee dae nadat jy geoefen het. Dit is as gevolg van mikro-skeure in die spiere of afvalstowwe wat akkumuleer van die energie wat gebruik word binne die spierwand wat die senuwee-eindpunte irriteer,” verduidelik Pierre.

Hy deel ’n paar wenke vir die pyn:

  • Maak vir jou ’n warmwatersak. Dit verhoog bloedvloei en neem afvalstowwe weg van seer dele.
  • Masseer jou spiere om bloedvloei te verhoog.
  • Suurlemoensap, rooibostee of Citro-Soda sal help om die pH-sure in jou bloed te stabiliseer wat boonop ook die afvalstowwe in jou liggaam sal verminder.
  • Behoorlike opwarming en om te strek voor en ná elke oefensessie is baie belangrik.

Wanneer is Genoeg op die kassie?

Nuwe episodes van Genoeg wys Maandag om 17:30 met heruitsendings op Saterdae om 15:00 op Via (DStv-kanaal 147).

Meer oor:  Via  |  Pierre Spies  |  Realiteitsreeks  |  Tv  |  Gesondheid  |  Genoeg Is Genoeg  |  Oefen  |  Dieet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.