Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Matriekafskeid:
’n Aand om te onthou

Hierdie matrieks het plan gemaak om hul afskeid ekstra spesiaal te maak.

’n Matriekafskeid is ’n belangrike geleentheid wat ’n mens se skoolloopbaan afsluit. Daarom doen baie matrieks iets wat die dag vir hulle uniek maak.

Erika Luttig, Morné Malan, Lourie du Plessis en Isché Wahl van die Outjo Hoërskool in Namibië het hul foto’s in die veld geneem. Foto:

Vier vriende van die Hoërskool Outjo in Namibië het die stof en wind getrotseer om pragtige foto’s in die veld te neem. Erika Luttig, Morné Malan, Lourie du Plessis en Isché Wahl se uitrustings staan mooi afgeëts teen die dorre omgewing.

Robyn Kennedy van die Hoërskool Brandwag in Uitenhage in die Oos-Kaap. Richard Jacobs het haar na die matriekafskeid vergesel.

Robyn Kennedy van die Hoërskool Brandwag in Uitenhage in die Oos-Kaap en haar metgesel, Richard Jacobs, het spesiaal gaan foto’s neem teen die sonsondergang op Somerstrand in Port Elizabeth.

Sascha Luus en Benno Vorster van die Hoër Tegniese Skool John Vorster in Pretoria het prettige foto’s voor die geleentheid geneem.
Sascha Luus en Benno Vorster van die Hoër Tegniese Skool John Vorster in Pretoria het prettige foto’s geneem voor die geleentheid. Foto:

Sascha Luus en Benno Vorster van die Hoër Tegniese Skool John Vorster in Pretoria se foto’s herinner weer aan tonele uit die fliek Mary Poppins. Benno het boonop vroeg in die jaar al vir Sascha gevra na die matriekafskeid op die skool se interkomstelsel. Hy het die skool se adjunkhoof gevra om die volgende afkondiging te maak: “Aandag Sascha Luus. Benno Venter wil graag weet of jy saam met hom matriekafskeid toe sal gaan?” Gelukkig het sy ja gesê en kort daarna het hulle ook hul verhouding amptelik gemaak.

Christiaan Els en Mikaela Erasmus van Trinityhouse High School in Randparkrif, Johannesburg, het met ’n helikopter by hul matriekafskeid geland. Foto:

Christiaan Els en Mikaela Erasmus, skoolvriende van die Trinityhouse High School in Randparkrif, Johannesburg, het in ’n helikopter by hul matriekafskeid geland. Die geleentheid is gehou by Avianto in Muldersdrift.

Franco van Rooyen en Nolene Spinks hou kleintydfoto’s op hul matriekafskeid vas. Hulle is leerlinge aan die Hoërskool Framesby in Port Elizabeth. Regs: Hulle het vrolike kouse by hul deftige uitrustings gedra.
Franco van Rooyen en Nolene Spinks het vrolike kouse gedra by hul deftige uitrustings. Foto:

Nolene Spinks van die Hoërskool Framesby in Port Elizabeth vertel sy het eers beplan om glad nie matriekafskeid toe te gaan nie. Maar toe hoor sy tot haar verbasing dat Franco van Rooyen haar gaan vra en verander van plan.

“Ek was eers skepties, aangesien ons mekaar nie eintlik geken het nie, maar ná ’n paar keer se gesels was dit duidelik dat ons gou vriende sou raak,” vertel Nolene. “Hoekom hy my gevra het, weet ek steeds nie. Ek is net bly dat ek vir eens uit my dop gekruip het en die vriendskap ’n kans gegee het. 20 September 2019 was definitief ’n aand wat ek sal onthou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.