Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
’n ‘Happy clappy’ kerk vir ‘bikers’

Toe die Pinksterkerk toemaak in Brakpan, waar Joey Ackerman grootgeword het, het haar man, Tom, besluit om die hele gebou vir haar te koop.

Past. Brett McDermid (47) bedien deesdae die Adullam Biker Ecclesia: East Rand Church for Bikers. Foto’s: Elizabeth Sejake

En om dinge “stabiel” te hou vir ’n nuwe gemeente, het hulle dit in ’n kerk vir bikers verander.

Die gebou staan al sedert 1939 en was nog altyd ’n tuiste vir charismatiese gemeentes. Waar Joey (53) in haar jong dae elke Sondag by die El Shaddai Gemeentes van Christus gaan bid het, het dit later bekend gestaan as die Shiloh Gemeente.

Daarna het die kerk se naam ’n hele paar keer verander. Lidmaatgetalle het aanhou taan. Verlede jaar het die kerk leeg gestaan en die gebou was verwaarloos.

Die bure kla nie oor die geraas nie, want die kerk is baie betrokke by die gemeenskap.

Tom (74) het die kerk vir ’n winskopie gekoop en alles weer laat regmaak. “As ek nie meer daar is nie, kan my vrou nog aangaan en die plek bestuur sodat sy nog op haar eie kan geld maak daaruit,” sê hy.

Vandag het die kerk ’n splinternuwe naambord. Die Adullam Biker Ecclesia: East Rand Church for Bikers. Die slagspreuk op die bord sê: “A hospital for sinners, not a museum for saints.”

Die voormalige El Shaddai Gemeentes van Christus in Brakpan is vandag ’n biker-kerk.

Past. Brett McDermid (47) met sy lang baard, oorbelle en groot tatoeërmerke op sy breë arms, bedien elk Sondag dié gemeente.

Die Adullam Biker Ecclesia bestaan al vir sewe jaar, maar het tot dusver aan die Oos-Rand rondgeskuif tussen Boksburg, Brakpan en Springs.

“Nou is daar vir ons ’n huis,” sê McDermid. “Dit is nog steeds ’n Pinksterkerk, ’n charismatiese gemeente. ’n Regte happy clappy kerk.”

Volgens hom is dit belangrik om ’n kerk spesifiek vir motorfietsryers te bestuur omdat die lidmate nie “gewone mense” is nie.

Die Adullam Biker Ecclesia is ’n suksesvolle gemeente waar motorfietsryers hulself kan wees én die Here kan loof.

“In enige kerk gaan mense jou snaaks aankyk sodra jy daar instap met ’n leerbaadjie, oorbelle en tatoes,” sê McDermid. “Dit is nodig vir bikers om hulself te kan wees. Die taalgebruik is ook anders. Enig­iemand is welkom, maar jy gaan dalk sukkel om alles te verstaan waaroor ons praat.”

Dié taalgebruik sluit glad nie vloekwoorde in nie.

“Partykeer moet jy tog vir die mense sê – dis nie hoe jy praat in ’n kerk nie,” sê McDermid ernstig. “Party ouens vloek regtig lelik. Maar jy sal verbaas wees hoe vinnig die ouens daarby inval om

beter te raak. Dit is regtig ’n stabiele gemeente en dit gaan alles oor respek.”

Die Adullam Biker Ecclesia is ’n suksesvolle gemeente waar motorfietsryers hulself kan wees én die Here kan loof.

Op die openingsdag het meer as 350 mense die kerk besoek en elke Sondag brul meer as 150 motorfietsryer se ysterperde voor die deur. “Die bure kla nie oor die geraas nie, want die kerk is baie betrokke by die gemeenskap,” sê McDermid. “En elke Sondag ná kerk braai ons boereworsrolle en dit is baie gesellig.”

Die Ecclesia werk tans hard daaraan om ’n sopkombuis te begin en ’n projek om die jeug te help. “Ons moet die laaities hier in Brakpan van die straat af kry,” sê McDermid. “Dit is vir my baie belangrik. En dít is hoe ons die Koninkryk van die Here gaan vergroot.”

jaco.nel@rapport.co.za

Meer oor:  Brakpan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.