Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
’n Plan vir ’n tienerpartytjie

Soek jy die ideale manier om jou tieners besig te hou of ’n tienerpartytjie te hou? Die konsep “Escape Rooms” raak deesdae wêreldwyd al hoe gewilder en daar is selfs mense wat vir hulself die uitdaging stel om soveel as moontlik Escape Rooms in verskillende lande te besoek.

Dit werk só: ’n groep van minimum vier mense word in ’n kamer toegesluit met ’n klomp leidrade in hoe om daar uit te kom. Jy het 60 minute om al die verskillende leidrade op te volg en ontsyfer en as jy vashaak kan jy vir hulp vra, maar teen ’n prys.

Moenie skrik nie! Dis maar net een van die vele goed wat jou bang gaan maak in die kinderhuis waar dit spook.

Lostland is ’n Escape Room in Rivonia wat verskillende speletjies aanbied en dis die ideale manier vir ’n spanbou of selfs ’n lekker aktiwiteit vir gesinne. Dit verg bietjie kreatiewe breinkrag en soms is die leidrade reg onder jou neus sonder dat jy dit weet.

By Lostland is daar vyf speletjies om van te kies. Ons gesin het die Orphanage gekies en kon nie binne 60 minute uitbreek nie. Soms raak dit kwaai grieselrig daarbinne, maar dis wonderlike vermaak vir oud en jonk.

Besoek LostLand by www.lostland.co.za vir meer inligting. Hulle is sewe dae per week oop vanaf 09:30 tot 21:30.

Meer oor:  Rivonia
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.