Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘ ’n Styl wat by ons pas’

Die matriekeksamen is al verby en die matriekafskeidaande amper vergete. Ons plaas nou die laaste paar foto’s wat matrieks of hul trotse families en vriende aan ons gestuur het om te wys hoe beeldskoon almal gelyk het.

Anastacia De Bruin van die Hoërskool Secunda se ma, Emmarentia, het haar in Januarie verras met ’n afspraak by die ontwerper Diaan Daniels, wat haar rok gemaak het.
Jessica Hoeksema van Windhoek Gymnasium in Namibië het haar rok oor die internet uit China bestel. Sy het ook vir Jonothan Knight gehelp om sy pak uit te kies.
Suzelle Joubert van die Hoërskool Bergvlam het ’n eenvoudige rok van die rak af gekoop en dit toe self opgetof. “Ek het die rug laer oopgesny en blomme aangewerk,” vertel Suzelle. Marcel Combrink was haar metgesel.
Prinses Grace Kelly was nog altyd Bianca Cloete van die Hoërskool Bellville se stylikoon. ’n Goue rok wat sy in een van haar films gedra het, was daarom die inspirasie vir Bianca se blommerok.
Karlie Fourie van die Hoërskool Garsfontein in Pretoria se gunsteling kleur is geel. Sy het eers twee maande voor die matriekafskeid die perfekte geel nommertjie vir die aand opgespoor en aangeskaf. Delwyn Smit van Midstream College was haar metgesel.
Kayla Ritter van die Hoërskool Zwartkop in Centurionhet ’n stylvolle, regaf rok gekies.
Britta Ferreira van die Global Leadership Academy op Jeffreysbaai het haar ma oortuig om haar rok te maak. “My ma was baie besig met werk en het eers op die laaste nipper kans gehad. Sy het dit in veertien ure gemaak en presies soos ek dit wou hê.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.