Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Ná 15 probeerslae bobaas met boerewors
Yvonne Blaauw van Wellington, wat aangewys is as Shoprite/Checkers se boereworskampioen. Foto: Jaco Marais

Sy hou nie eens van braai nie – dis haar man se werk daardie. Maar gee haar vleis, sout en ’n paar speserye en Yvonne Blaauw (47), ’n slaghuisbestuurder van Wellington, tower ’n kampioenboerewors op.

Blaauw is ná 15 probeerslae aan die Shoprite/Checkers-boereworskompetisie uiteindelik aangewys as die algehele wenner.

In die verlede kon sy nie eens verby die eerste ronde kom nie. Vanjaar beland sy toe in die top-30, toe die toptien en toe om alles te kroon, wén sy!

“Ek kan dit nie beskryf nie, ek het dit nie verwag nie.

“Ek het vir so lank as wat ek kan onthou hierdie boereworsresep probeer perfek maak. Om te weet dit is die heel beste in die land is net ongelooflik!”

Sy wil egter niks oor haar geheime resep uitblaker nie.

Dis maar gewoon om dit te maak: sout, spesery, maalvleis en vark. Die verhouding tussen die vleis en die speserye moet net reg wees.

“Nee, dit kan ek nie vir ander mense gee nie, want dan gaan hulle dit volgende jaar gebruik en dan wen hulle ook miskien!”

Sy sê sy het in die slaghuisbedryf ’n liefde vir vleis en wors ontwikkel en mettertyd haarself met verskillende speserye geleer hoe om ’n goeie wors te maak.

Die een geheim wat sy wel bereid is om te deel, is dat die speserye in ’n goeie verhouding tot die vleis moet wees.

“Dis maar gewoon om dit te maak: sout, spesery, maalvleis en vark. Die verhouding tussen die vleis en die speserye moet net reg wees.”

Bakkies Botha, ’n boereworsliefhebber wat die geleentheid bygewoon het, sê: “Almal sê rugby bring mense bymekaar, maar ek sê altyd boerewors bring mense bymekaar. Vir my verteenwoordig dit geesdrif, kultuur en tradisie.”

Willie Peters, hoof van bemarking van Shoprite, sê die kompetisie sal altyd vir die groep ’n wenner bly omdat boerewors so eie aan Suid-Afrika is. “As jy ’n lekker boerewors het, dan kan jy sê jy het die beste slaghuis in die land.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.