Almal wat die afgelope Desember op Naval Hill was, sou sekerlik saamstem dat die natuurskoon en uitsig ’n ware fees vir die oog was danksy die goeie reën.
Die nuut Vriende van Franklin het in November, in samewerking met die Bloemfontein-kameraklub en borge, ’n fotokompetisie aangekondig.
Enige professionele of amateurfotograaf kan deelneem.

Hier blom die stinkkruid, of John Deere-bossies, soos sommige dit noem, langs een van die wandelpaadjies op Naval Hill. Foto: Lientjie Mentz
Die volgende afdelings behels die gebruik van ’n digitale kamera:
* Afdeling 1: Naval Hill se wildlewe, voëls uitgesluit (kleurfoto);
* Afdeling 2: Naval Hill se wildlewe, voëls uitgesluit – (swart-en-wit foto);
* Afdeling 3: Naval Hill se voëls (kleur);
* Afdeling 4: Naval Hill se voëls (swart-en-wit);
* Afdeling 5: Landskap van Naval Hill en/of uitsig oor die stad (kleur); en
* Afdeling 6: Landskap van Naval Hill en/of die stad (swart-en-wit).
Die afdelings vir slimfone is:
* Afdeling 7: Naval Hill se wildlewe, voëls uitgesluit (in kleur of swart-en-wit);
* Afdeling 8: Naval Hill se voëls (kleur of swart-en-wit); en
* Afdeling 9: Landskap van Naval Hill en/of uitsig oor die stad (kleur of swart-en-wit).
Die inskrywingsgeld is R10 per afdeling en die geld sal vir kos vir die wild aangewend word en om die biodiversiteit van die ekostelsel uit te brei.
Beoordelaars van die Bloemfontein-kameraklub sal die wenners aanwys.
Inskrywings sluit op 1 Maart.
Rig navrae en kry inskrywingsvorms deur ’n e-pos te stuur na friendsoffranklin.bfn@gmail.com en besoek die Facebook-blad Friends of Franklin vir inligting oor die pryse wat gewen kan word.