Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Nes die Clooneys by afskeid

Dit was soos ’n sprokiesverhaal om haar matriekafskeid te beplan, sê Katya Rietoff van die Hoërskool Strand in die Wes-Kaap. “Die beplanning, die afsprake maak, die prentjies soek . . . My ma het ’n geel rok voorgestel omdat min meisies waaghalsig genoeg sal wees om geel te dra, en goed te lyk daarin, dié dat ek die kleur gekies het.”

Haar metgesel, Victor Lourens, het goeie smaak, sê Katya, en het ook ’n buitengewone pak gekies vir die aand. “Ons was dus meer komplementerend as bypassend. Soos George en Amal Clooney op die koninklike troue.”

Die paartjie het in ’n rooi Triumph by die geleentheid aangekom en ’n skare het al die paartjies ingewag. “Dit was beslis die hoogtepunt!”

Katya Rietoff se sagte geel rok is ontwerp deur Claudi Serfontein.
’n Waaghalsige geel het Katya Rietoff laat uitstaan by haar afskeid.
Die paartjie se aankoms by die afskeid.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.