Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Nes Grace Kelly!

Die matriekeksamen is al verby en die matriekafskeidaand al amper vergete. Ons plaas nou die laaste paar foto’s, wat matrieks of hul trotse familie en vriende aan ons gestuur het, om te wys hoe beeldskoon almal gelyk het. 

Anastacia de Bruin van die Hoërskool Secunda. Haar ma, Emmarentia, het haar inJanuarie verras met ’n afspraak by die ontwerper Diaan Daniels, wat haar rok gemaak het.
Jessica Hoeksema van Windhoek Gymnasium in Namibië het haar rok oor die internet uit China bestel. Sy het ook vir Jonathan Knight gehelp om sy pak uit te kies.
Suzelle Joubert van die Hoërskool Bergvlam het ’n eenvoudige rok van die rak af gekoop en dit toe self opgetof. “Ek het die rug laer oopgesny en blomme aangewerk,” vertel Suzelle. Marcel Combrink was haar metgesel.
Grace Kelly was nog altyd Bianca Cloete van die Hoërskool Bellville se stylikoon. ’n Goue rok wat sy in een van haar flieks gedra het, was daarom die inspirasie vir Bianca se blommerok.
Karlie Fourie van die Hoërskool Garsfontein in Pretoria se gunstelingkleur is geel. Sy het eers twee maande voor die matriekafskeid die perfekte geel nommertjie vir die aand opgespoor en aangeskaf. Delwyn Smit van Midstream College was haar metgesel.
Kayla Ritter van die Hoërskool Zwartkop in Centurion het ’n stylvolle, regaf rok gekies.
Britta Ferreira van die Global Leadership Academy op Jeffreysbaai het haar ma oortuig om haar rok te maak. “My ma was baie besig met werk en het eers op die laaste nippertjie kans gehad. Sy het dit in 14 uur gemaak en presies soos ek dit wou hê.”
Carey Connor van die Hoërskool Brackenfell se bessie-kleurige rok is ontwerp en gemaak deur Ilse Roux. Joshua Adams se hemp is gekies om daarby te pas
Foto:

Meer oor:  Rapport Beleef  |  Matriekafskeidtyd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.