Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Nuwe fietsroete in Prins Albert bekend gestel

Die Karoo Crossing – die vyfde roete in die Cape Cycle Routes-netwerk – is vandeesweek in Prins Albert bekend gestel.

Die roete-netwerk is ’n Wes-Kaapse inisiatief wat deur die provinsie se handelsbevorderingsagentskap, Wesgro, bemark word.

Alan Winde, Wes-Kaapse premier, en David Maynier, LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, het die roete Woensdag bekend gestel, luidens ’n verklaring

Die Karoo Crossing strek oor 385 km van Knysna tot Calitzdorp en terug. Langs die roete kan fietsryers dorpies en ander toerismebesienswaardighede in die Sentraal- en Klein-Karoo besoek.

Die Kaapse fietsryroete (Cape Cycle Route) kom oral in die provinsie voor om besoekers na kleiner dorpies en minder bekende attraksies te lok.

Winde en Maynier het ook as deel van ’n provinsiale inisiatief om inwoners se mobiliteit te verbeter tien fietse aan die Prins Albert-gemeenskapstrust oorhandig.

Fietsryers op die nuwe Karoo Crossing-fietsryroete tussen Knysna en Calitzdorp. Foto: Verskaf

Winde het op die bekendstelling gesê met die somer in aantog word mense aangemoedig om meer buite te kom, die provinsie te verken en kleiner dorpies te besoek. Dit sal help om die toerisme-en-gasvryheidsektor te ondersteun wat ’n groot werkskepper is en help om werkgeleenthede in die provinsie te red.

Volgens Goliath Lottering, Prins Albert se burgemeester, word die inisiatief verwelkom ná die verwoestende effek wat die staat van inperking sedert Maart gehad het.

Talle mense het vir die bekendstelling in die dorp oorgeslaap en sakeondernemings ondersteun.

Volgens

Maynier het onder meer by navraag gesê die doel van die roete is onder meer om die toerismesektor in die Wes-Kaap – wat die swaarste deur die inperking getref is – te herbou.

Vir meer inligting besoek www.capecycleroutes.co.za.

Meer oor:  Prins Albert  |  Fietsroete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.