Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Nuwe voorkoms gee Myasha selfvertroue
Myasha van der Berg
Na: Myasha van der Berg.

’n Voorkoms wat by ’n gesags­pos pas.

Dit is wat die voorkomsghoeroe, Hannon Bothma, met dié week se deelnemer aan sy TV-reeks probeer vermag.

Myasha van der Berg is in ’n topbestuurspos by ’n bank met 15 takke wat aan haar verslag doen. Sy meen haar voorkoms pas nie by haar verantwoordelikhede nie.

Van der Berg wil lyk en voel soos die leier wat sy is en het daarom besluit om vir Glam Guru in te skryf.

Hannon het vir Van der Berg ligter, lang hare met ’n vol kuif voorgestel. Hy beveel ’n krulverslapper en sterk haarsproei aan om die krulle in bedwang te hou.

Hannon sê koraal is ’n oranje skakering van grimering wat goed werk om introverte sosialer en meer selfversekerd te laat lyk.

Wat Van der Berg se klerekas betref, stel die modestilis Lizel van der Westhuizen drie werkbaadjies voor: ’n blazer, ’n tweed- en ’n patroonbaadjie.

“So kan jy baie uitrustings skep,” verduidelik Van der Westhuizen.

Sy sê pastelkleure verrig wonders vir ’n rooskleurige gelaat en Van der Berg kan dit kombineer met swart of blou vir die korporatiewe omgewing waarin sy haar bevind.

Hannon glo Van der Berg se nuwe voorkoms sal vir haar die selfvertroue gee wat sy nodig het, veral in haar werkplek.

“Jou voorkoms spreek boek­dele en praat die hardste.

“Niemand hoef te weet van jou innerlike vertwyfeling nie. So, as jy moet beïndruk, begin met hoe jy lyk.”

Die jongste seisoen van Glam Guru word Sondae om 17:30 op kanaal 144 (kykNET) uitgesaai.

Meer oor:  Hannon Bothma  |  Mooimaak  |  Tv-Program  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.