Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Oefen saam, al is jy alleen
oefening

Van strek tot spring. Van draf tot dans. Van onfiks tot Olimpiese atleet. Vir elke soort oefening is daar iemand wat voor ’n kamera staan en dit vir jou moontlik maak, skryf Kelly Minnie.

Popsugar Fitness

Platform: YouTube

Koste: Gratis

Hoe dit werk: Daar is video’s vir elke soort oefen-inspirasie wat jy soek. Elke video het drie mense wat saam met jou oefen. Een wat voor is en vir jou alles verduidelik. Dan is daar iemand wat die makliker weergawe doen vir die wat begin of dalk bietjie onfiks is. Die derde persoon is daar vir die res wat iets bietjie meer uitdagend soek.

Rapport sê: Dit is maklik bekombaar. YouTube is ’n eenvoudige platform om video’s te kry. Die verskeidenheid is fantasties. Daar is alles van dans- tot kardio-oefeninge. In omtrent elke video is daar verskillende aanbieders en dit hou dinge interessant. Dit is ’n goeie opsie as jy nie weet hoe om te begin nie.

Move with Colour

Platform: YouTube

Koste: Gratis

Hoe dit werk: As jy nog altyd ’n kampioendanser wou wees, maar nooit die tyd gehad het vir jare se opleiding nie, is Move with Colour perfek vir jou. In tien minute leer jy ’n nuwe danspassie op die maat van bekende musiek. Elke video het ’n tema met musiek wat daarmee gepaard gaan, byvoorbeeld disco of Justin Bieber-treffers.

Rapport sê: Dit is baie lekker en eenvoudig om te volg. Die instrukteur is baie vriendelik en snaaks. Jy kom nie eens agter jy oefen nie, totdat jy ná tien minute sweet op jou voorkom voel en vinniger asemhaal as gewoonlik. Daar is iets vir almal se smaak.

Nike Training Club

Nike Training Club

Platform: Beskikbaar op jou selfoon. Vir iOS en Android.

Koste: Gratis

Hoe dit werk: Jy laai heel eerste die app af op jou selfoon of tablet. Daar is verskeie oefen-opsies. Jy laai ’n oefenprogram af en kan dan enige tyd of plek die video’s speel en die oefeninge navolg. Jy kan selfs jou musieklys daaraan koppel en luister na jou eie keuses. Dit teken ook aan watter oefeninge jy al gedoen het en meet jou vordering.

Rapport sê: Baie professioneel en maklik om te volg. Dit is ideaal vir mense wat meer dissipline het en al gewoond is daaraan om op eie stoom te oefen. Dit is veral geskik vir diegene wat nie nou na ’n gimnasium kan gaan nie en dit voor die staat van inperking gereeld gedoen het.

FitOn

Platform: Beskikbaar op jou selfoon. Vir iOS en Android.

Koste: Gratis

Hoe dit werk: Jy laai heel eerste die app af op jou selfoon of tablet. Daarna tik jy in wat presies jou doelwit met die oefenprogram is. Jy tik ook jou gewig en lengte in. Hulle vra jou ook hoe gereeld en vir hoe lank jy beplan om te oefen. Dit bied ook baie ander opsies soos eetplanne, raad oor slaappatrone, medikasie vir atlete en oefenroetines. Jy kry ook daaglikse motivering en kan jou oefenprogram met vriende deel.

Rapport sê: Dit is die perfekte program om saam met jou eggenoot of beste vriendin te begin doen. Daar is baie opsies vir elke fiksheidsvlak. Boonop help al hul raad jou om ’n gesonder leefstyl aan te pak.

Rise Studios

Platform: Aanlyn op ’n toestel van jou keuse.

Koste: R200 per maand vir twee oefensessies per week of R350 per maand vir vier oefensessies per week

Hoe dit werk: Op ’n Sondag word die week se oefeninge opgelaai saam met demonstrasies vir elkeen. Jy kan dan enige tyd of plek oefen. Jy het beperkte toerusting nodig om die oefeninge te doen.

Rapport sê: Die oefeninge is maklik om te volg, leer jou verskillende maniere om te beweeg, en verbeter jou krag, fiksheid en buigsaamheid. Jy het die vryheid om die oefensessies te voltooi in enige volgorde wat jy kies en op die dae wat die beste by jou skedule inpas.

Foto:

JEFF together

Platform: Facebook

Koste: Gratis

Hoe dit werk: Elke dag om agtuur soggens oefen John en sy vrou regstreeks in hul huis saam met jou. Om 15:00 smiddae oefen hy en sy vrou saam met die kinders. Die oefensessie word regstreeks op hul Facebook-groep uitgesaai. Mense kan van 15 minute voor die tyd begin inskakel en hulle navolg.

Rapport sê: Die paartjie is baie interaktief en antwoord op wat mense in die kommentaar sê soos wat hulle aangaan. Hulle gee tonne opsies vir dinge om saam met jou kinders te doen.

Foto:

Fit4two

Platform: Aanlyn

Koste:Eerste sessie: gratis. Die hele reeks: R200

Hoe dit werk:Jy skep ’n profiel en kies daarna watter opsie jy wil doen. Die oefeninge is vir swanger vroue of nuwe mammas. Hulle het takke in Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg en Pretoria en bied gewoonlik daar klasse aan.

Rapport sê:Die webtuiste is maklik om te gebruik. Die behoeftes van swanger vroue word deeglik ondersoek as jy aanteken. Die oefeninge fokus op die gesondheid van die swanger vrou of nuwe mamma en die aanbieder herinner jou dat jy die oefeninge teen jou eie pas moet doen. Dis ideaal vir enige vrou, of jy reeds geoefen het voor swangerskap of nie.


Meer oor:  Koronavirus  |  Inperking  |  Oefening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.