Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Onnie draf inperking kaf – en verloor 13 kg
Bernard Erasmus wys van die medaljes wat hy in 2020 ontvang het vir die wedlope waaraan hy deelgeneem het. Hy het verlede jaar gedurende die inperking besluit om ’n nuwe uitdaging aan te pak en het begin draf. Foto: Deaan Vivier

Vir ’n laerskoolonderwyser van Pretoria is nie alles omtrent die inperking sleg nie.

“Dit hang af wat jy daarvan maak,” sê Bernard Erasmus (33) van Waterkloof Glen.

As daar iets is wat hy die afgelope paar maande geleer het, is dit om ’n positiewe uitkyk op die lewe te hê en dat enigiets moontlik is as jy jou gedagtes daarop fokus.

Hy het in 2020 ’n nuwe stokperdjie gekry en boonop vetjies afgeskud.

Bernard Erasmus maak sy skoenveters vas voordat hy die pad aandurf. Hy beplan om ook vanjaar aan wedlope deel te neem. Foto: Deaan Vivier

Kort nadat die inperking verlede jaar ingestel is, het Erasmus op 13 April besluit om ’n nuwe uitdaging aan te pak om aan die gang te bly. Hy het begin draf.

Sodoende wou dié onderwyser aan die Laerskool Monumentpark ook voorkom dat hy aan die einde van inperking “by die huis uitrol”.

Vir die res van April het hy daagliks sowat twee kilometer in die oprit voor die motorhuis gedraf.

Hy het sy doelwitte bereik en uiteindelik aan sewe virtuele wedlope deelgeneem waarvoor hy erkenning gekry het.
Bernard Erasmus het in 2020 in agt maande 13 kg verloor vandat hy begin draf het. Hy beplan om vanjaar nog 13 kg af te skud. Foto: Deaan Vivier

In Mei het Erasmus sy doelwitte vir die res van die jaar opgestel, wat die aflê van onderskeidelik 5 km-, 10 km- en 21 km-wedlope ingesluit het.

Hy het sy doelwitte bereik en uiteindelik aan sewe virtuele wedlope deelgeneem waarvoor hy erkenning gekry het.

Dit sluit in die Sanlam-Kaapstad-marathon, Comrades-Legendes-halfmarathon en The Outdoor Enthusiast-wedloop.

Erasmus het in agt maande 149 keer gedraf – hetsy dit 5 km, 10 km of 21 km was – en altesaam 1 000,9 km afgelê.

“Diegene wat my ken, sal weet dat ek altyd die persoon is wat grappies maak oor mense wat hardloop. Hoekom hardloop jy as niks jou jaag nie?” skerts Erasmus.

Oor hierdie tydperk het hy 13 kg verloor en ook sy teikengewig bereik. Sy mikpunt is om vanjaar nóg 13 kg af te skud en steeds aan wedlope deel te neem.

Erasmus het 2020 op ’n hoë noot afgesluit, maar dit het nie sonder struikelblokke gekom nie.

Hy, sy vrou en hul babadogtertjie is in Augustus positief vir die koronavirus getoets.

Hy, sy vrou en hul babadogtertjie is in Augustus positief vir die koronavirus getoets.

Vir Erasmus was dit ’n groot terugslag, want in daardie stadium was die Sanlam-Kaapstad-marathon net om die draai.

Ná sy isolasietydperk het hy stadig maar seker weer begin oefen en ’n maand later die virtuele 21 km-wedloop suksesvol voltooi.

Bernard Erasmus wys die medaljes wat hy in 2020 ontvang het toe hy aan virtuele wedlope deelgeneem het. Foto: Deaan Vivier

“Hoewel 2020 ’n moeilike jaar vir baie mense was, insluitend myself en my gesin, het dit my gewys dat jou gedagtes baie sterker is as wat jy dink,” sê Erasmus.

“Die jaar het my baie van myself geleer en waartoe ek in staat is. In die proses het ek ook ’n gesonder leefwyse begin volg.”

Hy sê ’n paar mense het hom al gebel vir hulp en inspirasie.

“Die doelwitte was vir my belangrik, want dan het jy iets om na te werk.”

Meer oor:  Draf  |  Gesin  |  Pandemie  |  Gewigsverlies  |  Oefen  |  Inperking  |  Onderwyser
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.