Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Ontmoet Mej. SA se skoonhede uit die noorde
Twee dokters uit die noorde van die land, Thato Mosehle en Karishma Ramdev, is vanjaar onder die toptien-finaliste van die Mej. SA -wedstryd. Foto: Yolanda van der Stoep
Shudufhadzo Musida (23) Foto: Yolanda van der Stoep

Sewe van die toptien Mej. SA-finaliste is van provinsies in die noorde van die land.

Netwerk24 het Donderdag met nog van die finaliste gepraat.

Shudufhadzo Musida (23) kom van Ha-Masia in Limpopo en woon tans in Randburg. Sy het ’n graad in filosofie, politiek en ekonomie aan die Universiteit van Pretoria verwerf en is besig met ’n BA Honneurs in internasionale betrekkinge aan die Universiteit van die Witwatersrand.

“Ek sing in die stort. Ek sing altyd,” het sy oor een van haar talente vertel. Musida het nou beslis meer selfvertroue as toe sy op skool was.

Sy is op laerskool geboelie. “Ek wou nooit die aandag op myself vestig nie en ek het gesukkel met verhoogvrees.”

Dit het verander, want sy het besef watter bydrae sy kan maak met haar stem in die Mej. SA-kompetisie.

“Daar was ’n persoonlike verandering in my lewe sedert die aankondiging van die toptien. Ek het my stem begin gebruik. Ek het besef hoe belangrik dit is,” sê sy.

Vanjaar is daar twee dokters, Thato Mosehle (25) en Karishma Ramdev (25), uit die noorde onder die toptien.

Musida sê sy glo sy kan op hierdie platform bydra tot haar visie van vroulike bemagtiging en om grense te verbreek.

As sy wen, sal haar boodskap aan ander meisies van haar dorp in Limpopo wees dat alles moontlik is.

Vanjaar is daar twee dokters, Thato Mosehle (25) en Karishma Ramdev (25), uit die noorde onder die toptien.

Ramdev kom van Chatsworth, maar bly in Johannesburg. Sy is ’n dokter by die Charlotte Maxeke-hospitaal. Sy het in 2018 die topvyf van die kompetisie gehaal. Sy sê sy het leeg gevoel daarna en sy moes haarself van voor af vind. Sy het egter besef wie sy is, en dat dit haar missie is om gesondheid in die uithoeke van die land te verbeter. Vanjaar is sy terug en sê haar motto is om getrou te bly aan haarself.

Karishma Ramdev (25) Foto: Yolanda van der Stoep
Thato Mosehle (25) Foto: Yolanda van der Stoep

Sy is vir drie maande op verlof sodat sy op die kompetisie kan fokus.

Ramdev sê as sy die geleentheid kry om Mej. SA te wees, wil sy mense leer oor higiëne en hulle met inligting bemagtig om hulself verder te beskerm.

Ramdev is besig met ’n veldtog om beskermende toerusting vir dokters in te samel.

Sy vertel sy was ’n rabbedoe as kind. “Ek het in die sand gespeel en die meeste van my vriende was seuns. Ek was nogal ’n vreemde jong meisie wat sprinkane en paddas sou vang en met hulle wou speel,” vertel sy.

Sy het drie honde vir wie sy baie lief is.

Die ander dokter, Thato Mosehle (25) van Klerksdorp, doen haar internskap by Klerksdorp-Tshepong-hospitaal. Volgens haar is die gesondheidstelsel in die land onder baie druk. As sy die Mej. SA-titel verower, sal sy haar daarvoor beywer dat elke kind in Suid-Afrika gelyke skoolopleiding kry.

Sy wou eintlik graag ’n Protea-netbalspeler geword net, maar ná ’n kniebesering het haar fokus na skoonheidskompetisies geskuif.

’n Vorige Mej. SA wat haar inspireer, is Marilyn Ramos.

“Sy is ook van Klerksdorp. Ek was ’n tiener toe sy gewen het. Sy het my gewys dat die grootte van jou dorp nie die grootte van jou impak op die samelewing bepaal nie.”

Sy luister graag na musiek wat haar in ’n goeie luim sit of musiek wat haar dieper laat dink. Sy luister op die oomblik oor en oor na “The Blessing” van Elevation Worship. Wanneer sy tyd het om te ontspan, kyk sy televisiereekse soos “Jane The Virgin”, “Blood & Water” en “The Messiah”.

Meer oor:  Shudufhadzo Musida  |  Skoonheid  |  Mej. Sa  |  Kompetisie  |  Finaliste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.