Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Oogdokter se toerusting ná sy dood na Mosambiek

Van die toerusting wat die Binnelanders-aktrise Hannelie Warren en haar ma geskenk het ná die dood van haar pa, dr. Marius Pretorius, is die naweek aan ’n Mosambiekse hospitaal oorhandig.

Dr. Emma Johl en dr. Carl-Heinz Kruse, twee Suid-Afrikaanse dokters, die naweek in Mosambiek waar hulle vrywilligerswerk vir Doctors for Life doen. Foto: Verskaf

Die 78-jarige Pretorius was ’n bekende oftalmoloog wat 48 jaar lank ’n praktyk in Vereeniging gehad het. Hy is drie jaar gelede aan breinkanker dood en sy mediese toerusting is geskenk aan die organisasie Doctors for Life.

Sy vrou, Lien (78), was ook ’n oogkundige wat al die jare saam met hom gewerk het. En sy het besluit om sy toerusting aan Doctors for Life te skenk. Dit sluit onder meer in ’n reuse-Orbis-masjien, die enigste in Afrika.

Johan Claassen, programdirekteur van Doctors for Life, sê in die provinsiale hospitaal in Inhambane in die suide van Mosambiek het hulle die afgelope paar dae 86 oogoperasies gedoen. Tot 90% daarvan was om katarakte te verwyder. Daar was ook ’n lewensreddende prosedure op iemand by wie ’n kankergewas verwyder is.

Hulle het van Pretorius se pagimeters, toestelle wat vir die diagnosering van gloukoom gebruik word, aan dié hospitaal geskenk omdat hulle in die algemeen baie min daarvan het.

“Die jongste pasiënt was 17 jaar oud. Hy was blind in sy een oog en kan nou weer sien.”

Dis wonderlik om te sien hoe my pa se werk voortleef!
Lien Pretorius (links) en Hannelie Warren staan by die personeel van Doctors for Life toe hulle vroeër vanjaar die skenking gedoen het. Regs van Warren is Johan Claassen, programdirekteur, en langs hom is Gouda Radebe. Heel links is Henri Slabbert en Willem van der Merwe. Foto: Verskaf

Die organisasie kon verlede jaar geen uitreikwerk doen nie en beplan nou ’n uitreik na Botswana.

“Covid-19 was die groot probleem. Ons kon vir twee jaar nie Mosambiek toe kom nie omdat die hospitale nie baie mense mag huisves nie.”

Warren sê hulle is nie net dankbaar dat haar pa se toerusting mense kan help nie, maar ook omdat Doctors for Life terugvoer gee.

“Dis wonderlik om te sien hoe my pa se werk voortleef!”


Meer oor:  Mosambiek  |  Toerusting  |  Skenking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.