Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Oom Bushy van Griekwas wil weer voor draf ná heupbreuk

Die legendariese oom Bushy Oliver (88), bekend as Griekwa-rugby se grootste ondersteuner, wil so gou as moontlik weer met sy Poublou-vlag eerste op die veld draf nadat hy onlangs sy heup gebreek het.

Oom Bushy is in die Mediclinic Gariep-hospitaal in Kimberley opgeneem nadat hy verlede Woensdag in die stad geval en sy heup gebreek het. Hy is later geopereer.

Arni van Rooyen, uitvoerende hoof van die Griekwaland-Wes-Rugbyunie (GWRU), het hom Maandagmiddag besoek en sê dit gaan goed met sy gemoed en hy ervaar nie baie pyn nie.

Oom Bushy Oliver, gelukbringer van die Griekwa-rugbyspan. Foto: Emile Hendricks

“Hy is verbasend positief.”

Van Rooyen sê Oliver is “as’t ware die gesig van die Griekwa-span”.

Oom Bushy, wat gereeld met sy Griekwa-vlag voor die span uitdraf, is wel haastig om ontslaan te word.

Van Rooyen sê oom Bushy was verheug oor die besoek. Hulle het oor rugbyreëlings gesels en oom Bushy het vir die span gebid. Sy geliefde Poubloues het vanjaar die halfeindronde van die Curriebeker-reeks gehaal.

Van Rooyen het ook vir hom versnaperinge geneem.

“Hy wil net weer veld toe kom en voor hardloop met die vlag. Ek het gesê ons kan so maak, sodra hy reg is.”

Voor Covid-19-inperkings het oom Bushy by wedstryde met ’n Griekwa-vlag eerste op die veld gehardloop. Tydens wedstryde is hy langs die veld en volg die aksie van naderby.

Van Rooyen sê oom Bushy is die “gom” tussen die Griekwas en die ondersteuners en byna gewilder as die span self.

Oom Bushy Oliver, die Griekwas se grootste ondersteuner, soos hy altyd langs die veld sy geliefde span aanmoedig. Foto: Christiaan Cloete
Oom Bushy Oliver Maandag in die Mediclinic Gariep-hospitaal in Kimberley.
Meer oor:  Griekwa-Rugby  |  Griekwas  |  Oom Bushy  |  Bushy Oliver  |  Arni Van Rooyen  |  Kimberley  |  Ondersteuner
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.