Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Oorspronklike Moerdijk-tekeninge kry rusplek by monument

Die oorspronklike argitekstekeninge van die Voortrekkermonument deur Gerard Moerdijk kry nou ná 80 jaar ’n ewige rusplek.

Gerhard Pretorius, kommunikasiebestuurder van die Voortrekkermonument en Erfenisstigting, sê in ’n verklaring Lance Rodger, wie se pa saam met Moerdijk gewerk het, het hande gevat met die monument en meer as 40 van die oorspronklike tekeninge aan die monument gegee.

Die tekeninge kom van 1937, ’n jaar voordat die hoeksteen van die monument gelê is, tot 1949 toe die monument geopen is.

Die oorspronklike argitekstekeninge van die Voortrekkermonument, wat deur Gerard Moerdijk geteken is, kry nou ná 80 jaar ’n ewige rusplek.

“Van die tekeninge is nie van die monument nie, maar hou verband met die ontwerp van byvoorbeeld die amfiteater.

Nog iets besonders is dat E.G. Jansen, wat in daardie tyd die voorsitter van die Sentrale Volksmonumentkomitee was, die planne goedgekeur het en sy handtekening is op van dié tekeninge,” lui die verklaring.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) is opdrag gegee om die monument te bou en is vandag, ná dekades, deel van die bestuur van die monument.

Rodger sê die tekeninge het ná sy pa se dood tien jaar onder ’n afdak gelê en hy het nie eens geweet dit is daar nie.

“My vriend het vir my gesê dit is ironies dat ’n Engelsman met van die grootste argitekskatte van die Afrikanererfenis sit,” skerts Rodger.

Rodger is op pad oorsee en kan nie al die kultuurjuwele saamneem nie, en het ’n tuiste gesoek waar dit gewaardeer sou word.

Die monument is gebou en voltooi in een van die mees onstuimige tye in die moderne geskiedenis, die Tweede Wêreldoorlog.

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, gaan deur Gerard Moerdijk se tekeninge.

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, is opgewonde oor die nuutste aanwins vir die monument.

“Afrikaners het dit reggekry om hierdie ongelooflike monument in die moeilikste tye te bou. Dit wys jou wat ons kan doen. Die monument is die hoeksteen van vryheid en Afrikanergeskiedenis. Alles wat ons vorentoe bou, glo ek is gebou op die hoeksteen van die monument. Dit is die anker van ons geskiedenis en alles is daarin vervat.”

Langner glo dit is tyd dat Afrikaners moet deel raak van die bou en beskerming van kultuur.

“Dit is nou die tyd vir Afrikaners om vorentoe te kyk en te bou aan die toekoms, en dit is ironies dat ons die simboliese planne van Moerdijk daarvoor ontvang het.

“Moerdijk het daardie tyd gesê die Voortrekkermonument is gebou om 1 000 jaar te staan en ek is baie bly ons het nog 920 jaar oor.”

Die tekeninge sal eers gerestoureer word voordat dit aan die publiek onthul sal word.

Meer oor:  Pretoria  |  Voortrekkermonument  |  Erfenis  |  Geskiedenis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.