Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Op 101 lees sy nog elke dag ‘Die Burger’

Een van Die Burger se oudste intekenare vier Dinsdag haar 101ste verjaarsdag.

Eunice Fick is in Oudtshoorn gebore en woon nog in haar eie woonstel by Huis André van der Walt in Bellville, sê haar dogter, Welhma Lishman.

Volgens Lishman lees haar ma elke oggend Die Burger wat by haar afgelewer word. Fick is reeds langer as 50 jaar ’n intekenaar.

Eunice Fick Sondag in die tuin by Huis André van der Walt in Bellville.
Eunice Fick op haar 100ste verjaarsdag.

Haar man, Kokkie, is in 2009 dood op 94-jarige ouderdom. Sy was ’n tuisteskepper.

Lishman sê “sedert sy haar verstand gekry het” het haar pa die koerant laat aflewer.

“Hy was baie gesteld daarop dat ons die koerant moet lees en iets daaruit moet onthou.”

Lishman sê haar ma loop nog met haar loopring en is gesond.

“Sy hou daarvan om sport te kyk op TV, veral tennis, en sy geniet haar sepies.”

Lishman woon tans by haar ma. Weens die regulasies van die inperking en Covid-19, sal die familie Fick Dinsdag agter ’n glasafskorting by die tehuis kom gelukwens.

“Ons is net bly dit was verlede jaar haar 100ste verjaarsdag. Dit was ’n groot ding en die hele familie was daar,” sê sy.

Fick het twee dogters, sewe kleinkinders en 16 agterkleinkinders.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Bellville  |  Verjaarsdag  |  Koerant  |  Die Burger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.