Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Op 82 ‘zoem’ hy rond

Noel Fernandez (82) van Welkom leef ’n kleurryke, vol lewe, ingekleur en gevul met motorfietse, kuns, houtwerk en mynbou.

Fernandez het in 1990 die aandag getrek toe hy sy eerste driewielmotorfiets – sy “Kawawagen” – gebou het.

“Ek het dit gebou, gespuitverf en die enjin vernuwe. Ek het dit gebou uit ’n Kawasaki 1600 se voorkant, ’n Volkswagen 1600 se enjin, die agterkant van ’n Fiat Rally en ’n Chev Impala se onderdele en agterligte. Met die 1600-enjin kon ek 120 km/h haal.”

Hy sê hy het drie jaar lank aan sy Kawawagen gebou.

Die gemeenskapskoerant Vista het hom in 1990 met dié driewiel in Welkom se strate gesien en ’n foto van die ongewone ryding gepubliseer. Dié driewiel is nóg ’n motor, nóg ’n motorfiets, het Vista berig.

Oor die jare het Fernandez twee driewielmotorfietse gebou en verskeie motors en motorfietse gerestoureer, waaronder ’n motorfiets met ’n syspan.

Noel Fernandez met sy nuwe bromponie. Foto’s: Marti Will

Fernandez het in 1949 in Welkom aangekom. Hy het op die myne kom werk en twee dae lank met sy klein 125 cc Vespa-bromponie van Kaapstad af tot hier gereis. Sy broer Ray was sy passasier. Hul ouers en ses sibbe het in die gesin se Dodge gery. Op die dak van die Dodge was die gesin se besittings én sy pa se wedvlugduiwe in hul hokkies.

Fernandez het oor die jare twee keer die pad tussen die Kaap en die Goudveld per ysterperd aangepak: een keer met die bromponie en een keer met die motorfiets met die syspan.

Hy het die motorfiets met die syspan in 1986 aangeskaf. Voordat hy en sy seun Lesley die tog na die Kaap kon aanpak, moes hy ’n spesiale rybewys (kode 3) kry.

Op 23 Febraurie 1990 het Vista berig oor Noel Fernandez en sy driewiel.

Sonder iets soos ’n selfoon en met ’n ryding met drie verskillende groottes wiele en geen noodwiele nie, het hulle deur die nag Kaapstad toe gery, ’n tog van 15 uur.

“Ons het baie pret beleef toe ons deur Houtbaai ry. Almal het hul motorligte geflits om ons te groet. ’n Week later is ons terug Welkom toe, sonder een enkele probleem.”

Fernandez het 35 jaar lank op Freddies-myn gewerk en het as ’n skofbaas afgetree.

Op 82 is hy egter nie ’n pensioentrekker wat stilsit nie. Hy sorg vir sy diamantduiwe, budjies, ringnekke en sebravinke. Hy verf, doen nutswerk, restoureer en doen houtwerk. Hy is ook ’n spotprenttekenaar en ’n musiekliefhebber met ’n versameling van meer as 600 CD’s en kassetbande met van gospel en country tot rock ’n roll.

Oor die jare het Noel Fernandes twee driewielmotorfietse gebou en verskeie motors en motorfietse gerestoureer.

Oudword kry hom nie onder nie. Fernandez het pas vir hom ’n nuwe bromponie gekoop om Welkom se strate mee plat te ry. In die eerste week het hy reeds 54 km op die klok gesit.

“En die brandstofnaald het nie eens gesak nie,” sê hy.

“Jy kan maar sê ek is ’n jan-van-alles. ’n Allesdoener. Ek bly besig en hou aan skep, en deur dit alles ontvang ek groot seën van die Here. Die Here het nog altyd saam met my gery,” sê Fernandez met ’n vonkel in die oë.

  • Die berig het eers in Engels in Vista verskyn.
Meer oor:  Motorfietse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.