Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Op 98 is hy nog helder en gesond

Herman le Roux, voormalige sportredakteur van Volksblad, het vasgestel wie die Vrystaat se oudste lewende provinsiale rugbyspeler is, en in St. Lucia by hom gaan kers opsteek.

Francois van der Merwe (links), die Vrystaat se oudste lewende provinsiale rugbyspeler, en Herman le Roux. Foto: Verskaf

Francois van der Merwe, die Vrystaat se oudste lewende provinsiale rugbyspeler (haker), is op 98-jarige ouderdom nog ’n op en wakker eienaar van ’n gastehuis in St. Lucia.

Die Bloemfonteiners Apie Pretorius (stut) en Chris Erasmus (senter) is albei tien jaar jonger as Van der Merwe en onderskeidelik die naasoudste en derde oudste lewende Vrystaat-spelers.

Van der Merwe het ’n huppel in sy stap en kom sonder ’n kierie klaar.

Hy het in 1941 in ’n enkele wedstryd as haker vir die Vrystaat uitgedraf. Hy is op kort kennisgewing as plaasvervanger vir Charlie McKenzie gekies vir die wedstryd teen Noord-Transvaal in Pretoria.

Omdat dit 77 jaar gelede is, onthou hy nie meer al sy spanmaats van daardie dag nie. Hy het min kans gehad om hulle te leer ken en het nie eens betyds opgedaag vir die spanfoto nie.

In daardie jare het die Vrystaat op ’n Saterdag teen Transvaal op Ellispark gespeel en twee dae later, op die Maandag, op Loftus Versfeld. Verskeie spelers is ná die Saterdag-wedstryd vervang.

So, byvoorbeeld, moes Wa Lamprecht, ’n losvoorspeler, in Pretoria as vleuel diens doen en Hannes Haycock, ’n senter, die beseerde Tony Harris as losskakel vervang.

Karige beriggewing oor rugby in die oorlogsjare het meegebring dat Van der Merwe se naam nie in koerante verskyn het nie.

Van der Merwe kyk nog gereeld rugby op TV, maar is baie teleurgesteld in die hedendaagse spel: stampkarrugby, doellose skoppe en skrumskakels wat voor die oë van die skeidsregter toegelaat word om die bal skeef in die skrum te gooi.

Ek en Frikkie van Rensburg het veertien jaar lank navorsing gedoen vir die Vrystaat se eeufeesboek: Vrystaaat! 100 jaar van hardlooprugby, en ons het ook nie van Van der Merwe se bestaan geweet nie.

’n Paar jaar gelede het ’n familielid vir Frikkie laat weet Van der Merwe is dalk die oudste lewende Vrystaat-speler.

’n Uur lange gesprek met Van der Merwe in St. Lucia het bevestig wat sy veel jonger vrou, Rika (gebore Oberholzer van Oos-Londen), vooraf vertel het: Sy verstand is nog baie helder en hy het nie gesondheidsprobleme nie.

Hy is op 25 September 1920 in Senekal gebore, het in Rosendal grootgeword en sy skoolloopbaan in Harrismith voltooi, waar hy later vir die subuniespan van Noordoos-Vrystaat gespeel het.

Hy het hom as tegnikus in die wolbedryf bekwaam en in 1946 en 1947 in Engeland gestudeer. Hy het onder meer in Frankfort, wat my grootworddorp was, gewerk en rits die name van die voorste boere af met wie hy in die jare veertig te doene gekry het: die Schaborts, Van Rensburgs, Mullers, Lindes, Claassens en Hennie Bosman. En hy onthou nog selfs van die plase se name.

Van der Merwe kyk nog gereeld rugby op TV, maar is baie teleurgesteld in die hedendaagse spel: stampkarrugby, doellose skoppe en skrumskakels wat voor die oë van die skeidsregter toegelaat word om die bal skeef in die skrum te gooi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.