Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Op die pad is daar geen suurknolle’
Jakkie van der Colff (77) Saterdag by die Vrouemonument in Bloemfontein. Hy het dié oggend uit Brandfort vertrek. Foto: Lientjie Mentz

“As jy ry, is dit mos ’n wonderlike kantoor wat jy het. Geen suurknolle of onbeskofte mense nie, jy haal net asem.”

Só het Jakkie van der Colff (77) Saterdagmiddag by die Vrouemonument in Bloemfontein gesê toe jong Voortrekkers vir hom ’n erewag gevorm het. Hy het ’n uur lank by die Vrouemonument kom rus voordat hy die res van die reis aangedurf het.

Sy reis, om bewusmaking vir die Voortrekkers te prikkel, het op 17 Augustus by die Voortrekkermonument in Pretoria, begin. Hy beoog om die reis op 21 September by die Taalmonument in die Paarl te voltooi.

“Ek is nie soos ’n prins of koning opgelei vir al dié aandag nie,” het hy tussen ’n klomp bont ballonne laat hoor.

Sy fiets dra al sy klere, eetgoed, ’n GoPro-kamera en twee vlaggies. ’n Suid-Afrikaanse vlag wapper bo sy voorwiel en die Voortrekkers se vlag bo die agterwiel.

Hy was tot dusver elke keer verstom oor die Voortrekkers se ywer en veelsydigheid. Op elke plek waar ’n funksie vir hom gereël word, is die Voortrekkers daar.

Boeresport, ’n volkspele vertoning en selfs ’n demonstrasie deur die ER24 is al gehou.

Skolesport help om karakter te bou, maar die Voortrekkers bóú die karakter.

Hy oornag by mense wat betrokke is by die Voortrekkers en inspireer die jongklomp waar hy gaan.

“Minke, ’n meisie van so 12 jaar, het saam met my uit Riebeeckstad vir so tien kilometer gery.”

Op Parys het hy saam met die kinders gedenkwaardighede besoek en was mateloos beïndruk met die jonger geslag se kennis.

Hy meen skolesport, rugby veral, word verhef tot iets wat dit nie behoort te wees nie.

“Skolesport help om karakter te bou, maar die Voortrekkers bóú die karakter.”

Van Bloemfontein af ry hy deur onder meer Colesberg, Middelburg, Graaff-Reinet, Somerset-Oos en Port-Elizabeth en dan kuslangs tot by die Taalmonument in die Paarl.

“En dan vlieg ek huis toe.”

Meer oor:  Jakkie Van Der Colff  |  Fietsryer  |  Voortrekker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.