Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Ou foto’s van voorouers ‘koppel verlede aan toekoms’

’n Belgiese fotograaf wat foto’s in Bloemfontein neem van mense wat geraamde portrette van hul voorouers in hul voorhuise vashou, glo sy werk koppel die verlede aan die toekoms.

Bessie Moreki. Foto: Jo Voets

Jo Voets (60) het ’n liefde vir Suid-Afrika ontwikkel toe hy in die middel-2000’s reklamefoto’s op rolprent- en advertensiestelle in Kaapstad geneem het.

Deur middel van sy vriendekring het hy ook in Bloemfontein beland en by die Nasionale Museum, die Sunflower-hospies vir kinders en ’n strykinstrument-orkes vir kinders uit arm ouerhuise in Botshabelo betrokke geraak. Dié orkes word deur ’n orkes in België ondersteun.

“Ek het al in 2013 saam met die museum-personeel wat aan ’n geskiedenisprojek werk, na woonbuurte in en om Bloemfontein gegaan.

“Die geraamde foto’s van voorouers in die mense se voorhuise het my destyds dadelik getref. Die meeste rame is dieselfde; meestal ovaal of seskantige bruin rame.

“Die idee om die mense met hul voorouers se portrette af te neem het spontaan ontstaan. Die portrette koppel die verlede aan die toekoms. Ek wil waardevolle stories deur die foto’s vasvang. Dit vervul my met genoegdoening.

Derek de Bruyn. Foto: Jo Voets
Eerwaarde Israel Swanepoel. Foto: Jo Voets

“Ek is vanjaar terug om dié projek voort te sit, en beplan om tot aan die einde van Januarie te bly.

“Ek neem die foto’s in hul huise met die mure as agtergrond. Die mure is dikwels kleurvol geverf wat ’n interessante agtergrond van die mens in sy intieme omgewing skets.

“Ek gebruik meesal natuurlike lig wat deur deure of vensters val, of neem foto’s op stoepe in die skaduwee.”

Voets gesels eers met die mense oor hul kinderherinneringe en hul lewensverhale voordat hy die kamera optel.

“Bessie Moreki (91) het gesê sy is dankbaar teenoor haar ouers vir ’n liefdevolle huis en omdat hulle haar skool toe gestuur het, al moes sy die destydse minderwaardige bantoe-onderwys se leerplan volg.

“Ek gee vir die mense wat poseer elkeen ’n gedrukte kleurfoto. Ek het al baie vriende oor die jare heen gemaak. Sommige herken my nou nog, selfs op straat, al het ek hulle lank gelede afgeneem.”

Voets hoop om ’n uitstalling van sy foto’s in Suid-Afrika en Europa te hou, en hopelik ’n boek te publiseer.

Meer oor:  Jo Voets  |  Bloemfontein  |  Fotograaf  |  Voorouers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.