Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Oud-Springbok se projek help aftreeoord

’n Oud-Springbok-fietsryer wat vir hom ’n spinfiets aangeskaf het nadat hy sy nek in ’n fietswedren beseer het en sy fiets moes wegbêre, gaan nou spinklasse by ’n aftreeoord in George aanbied.

André de Goede, organiseerder van die spinathon, Lebogang Hashatse, adjunkvisekanselier van die Nelson Mandela-Universiteit, en Willie Marx. Foto: Verskaf

Willie Marx (76) en sy familie is by die Tuiniqua-aftreeoord betrokke waar hy nou spinklasse vir die inwoners gaan aanbied. Hiervoor het die familie drie spinfietse aan die aftreeoord geskenk.

Die projek is onlangs op ’n geselligheid van die George Sakekamer bekend gestel.

Alani Voigt, Tuiniqua se bestuurder, sê hulle is dankbaar vir die skenking en opgewonde oor wat dit vir inwoners gaan beteken.

Volgens Voigt is dit belangrik dat die aftreeoord se inwoners aktief bly. “Ons moedig fiksheid en onafhanklikheid aan. Die inwoners hou nie van stilsit nie.”

Die oord bied die naweek ’n 24-uur-lange “spinathon” aan wat saam met sy jaarlikse basaar val. Die geld wat hierdeur ingesamel word, sal ten bate van die oord se versorgingseenheid aangewend word.

“Vrywilligers word dus benodig om te kom trap. Mense kan hulle byvoorbeeld per kilometer borg of raai watter afstand hulle in geheel gaan aflê,” sê Voigt.

Marx was sowat drie weke in die hospitaal nadat hy vroeër vanjaar in die Cape Town Cycle Tour beseer is. Hy het die Suid-Afrikaanse baanfiets-kampioenskappe sewe keer gewen en Suid-Afrika nege keer op die wêreldkampioenskappe verteenwoordig.

* Die spinathon word van Vrydag 10:00 tot Saterdag 10:00 by die aftreeoord in Kerkstraat 13, George, gehou. Vir meer inligting kan 072 356 4848 of 071 876 2350 gebel word.

Meer oor:  George  |  Springbok  |  Geldinsameling  |  Aftreeoord  |  Fietsryer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.