Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Ouers dankbaar vir Ruan se eerste operasie

’n Paartjie van Brakpan aan die Oos-Rand is dankbaar vir die welwillendheid van mense wat daartoe bygedra het dat hul babaseun sy eerste operasie, om ’n gesplete lip en verhemelte te herstel, kon ondergaan.

Ruan van der Merwe, pa van die 11 maande oue Hanru, sê dat hy en sy vrou, Angelique, aanvanklik ’n Facebook-groep gestig het om geld vir die operasie in te samel.

“Hanru was op ’n waglys vir ’n operasie. Alet Cloete, die ontvangsbestuurder by die Netcare Sunninghill-hospitaal, het ons Facebookblad van Hanru gesien en dit onder die aandag van die hospitaal se hoofbestuurder, Pieter Louw, gebring. Pieter het ons aangemoedig en bygestaan om by die Netcare-stigting vir finansiering aansoek te doen. Ons is dankbaar dat hy gehelp het, want Hanru kon op 16 Oktober die eerste van die nodige operasies ondergaan,” sê Van der Merwe.

Klein Hanru van der Merwe is op die herstelpad ná die operasie.
Hanru van der Merwe kon op 16 Oktober die eerste van die nodige operasies kry om sy gesplete lip en verhemelte te herstel.

Hy en Angelique het onlangs weens die koronaviruspandemie hul werk verloor.

“Hanru is so ’n kosbare en lewendige klein seuntjie en sy gesplete lip en verhemelte het nie net ’n uitwerking op sy voeding en spraak nie, maar lei tot gesondheidsorgkwessies soos herhaalde oorinfeksies, wat moontlik later tot gehoorverlies kan lei. Ons is baie dankbaar vir die Netcare-stigting, sy chirurg, prof. Tim Christofides, die Netcare Sunninghill-hospitaal en almal wat gehelp het,” sê Van der Merwe.

“ ’n Gesplete lip en verhemelte het ’n negatiewe uitwerking op die ontwikkeling van ’n kind en daarom is dit goed om te opereer terwyl hulle nog klein is,” sê Christofides. “Daarbenewens kan ’n gesplete lip en verhemelte spraak en selfs die voeding van ’n baba belemmer omdat hulle dikwels sukkel om melk te sluk,” sê hy.

“Ouers besef nie altyd dat die lewensgehalte van hierdie kinders drasties kan verbeter nie en dat daar altyd ’n manier is om hulp vir so ’n kind te kry,” sê hy.

Meer oor:  Ruan Van Der Merwe  |  Brakpan  |  Oos-Rand  |  Gesplete Lip  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.