Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Oulap se rooi maak tog mooi

Die staat van inperking was vir heelwat kunstenaars in ons land ’n harde slag en werkloosheid het baie mense maande lank in die gesig gestaar. Die modeontwerper Thomas Thomson het homself ook in ’n situasie bevind waar hy skielik glad nie meer werk gehad het nie. Matriekafskeide en troues is gekanselleer en skielik wou niemand meer rokke laat ontwerp vir spesiale geleenthede nie.

“Ek het besef ek moet iets konstruktiefs begin doen, anders gaan ek vinnig in ’n groef beland of depressief raak.

“In my kas is daar baie materiale wat ek deur die jare vergader het en ek het besluit om sommer net lekker daarmee te begin speel. Ek het ’n paar internasionale sterre as maatstaf gebruik en sommer besluit om vir elkeen van hulle iets te ontwerp. En só het my soektog begin na vroue wat hierdie bekendes kan verteenwoordig,” sê Thomson.

Hierdie waaghalsige Taylor Swift-pakkie is nou hoogmode onder jong meisies.

Daar was vir hom geen beter manier om die inperking-verveling hok te slaan as om te begin werk nie. Patrone is ontwerp en die lap is uitgelê en gesny.

“Ek het die klere gemaak en die Gorgeous-salon gevra om my met die hare en grimering te kom help sodat my modelle so na moontlik aan die bekende persoon kan wees. Ek het myself heeltyd afgevra hoe sal ek die kliënte aangetrek het as hulle in die regte lewe voor my gestaan het,” sê Thomson.

Thomson se rolverdeling was soos volg:

Danielle Retief het haar baie goed in die rol van Céline Dion gekwyt. Foto’s: DEON COETZEE

Céline Dion is vertolk deur Danielle Retief, wat Nikki in 7de Laan speel. Deur die byna vier dekades van haar loopbaan het ons gesien hoe die 52-jarige Kanadese sanger haar styl verander en vernuwe het.

Toe sy as 13-jarige tiener haar eerste album uitgereik het, was sy in sneeuwit jannas en fraai rokkies geklee, maar later jare het sy die ikoon van simplistiese styl en sofistikasie geword.

Die popster Taylor Swift is deur Leyla van Greunin voorgestel en hier het Thomson die jong, waaghalsige en spelerige opsie gekies.

Sy verteenwoordig wat elke tienermeisie wil wees. Die sjoebroekie is baie gewild en hy het ’n ou trourok nuwe lewe gegee om dit te skep.

Whitney Houston sal onthou word vir haar mooi rokke wat sy altyd op die verhoog gedra het.

Whitney Houston was nog altyd ons klassieke diva, sy het van haar blink bykomstighede gehou en meestal lang rokke op die verhoog gedra. Faith Modise­ het model gespeel om Houston se rok en voorkoms reg te laat geskied. “Ons sal Whitney beslis onthou vir haar tydlose styl,” sê Thomson.

Maandag gedenk ons prinses Diana van Wallis se dood (1 Julie 1961 tot 31 Augustus 1997) en haar klerekas was ’n algemene bespreking wêreldwyd – haar styl was altyd klassiek en steeds word astronomiese bedrae vir haar rokke op veilings betaal.

Taylor Swift-aanhangers weet sy hou daarvan om lyf te wys.

Hestel Geldenhuys het jare gelede ’n kompetisie gewen toe sy aangewys is as prinses Diana se ewebeeld en dis waarom Thomson haar gekies het as sy prinses Diana-model.

Erkenning

Foto’s: Deon Coetzee

Hare en grimering: Gorgeous-salon

Perseel: Casablanca Manor

Meer oor:  Kunstenaars  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.