Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Ouma Katrina Esau (88) laaste spreker van N/uu ter wêreld

Daar rus ’n groot verantwoordelikheid op haar skouers as die heel laaste spreker van die San-taal N/uu in die wêreld, sê ouma Katrina Esau (88) van Upington.

Haar broer, Simon Pauls, wat die tweede laaste spreker van hierdie antieke Suider-Afrikaanse taal was, is die naweek dood.

Die dood van Pauls, ’n vegter vir N/uu-taalregte, volg nadat die Noord-Kaapse regering in samewerking met Puku Boeke en Esau die eerste kinderboek in N/uu op 24 Mei uitgegee het.

Katrina Esau, laaste spreker, N/uu,
Ouma Katrina Esau (88) van Upington is die laaste spreker van die Khoisan-taal N/uu nadat haar broer, Simon Sauls, die naweek dood is. Hulle kon nog met mekaar in hul moedertaal gesels, maar nou is sy alleen. Foto: Verskaf

Esau is ’n Khoisan-koningin wat die N/uu-taal in die koningshuis verteenwoordig.

Pres. Cyril Ramaphosa het haar as ’n nasionale erfenis verklaar.

“Daar rus ’n groot, groot, groot verantwoordelikheid op my skouers as laaste spreker van N/uu. As ek en my broer bymekaar gekom het, het ons in ons taal gepraat, maar daar is nou niemand om mee te praat nie.”

Voordat sy eendag sterf, leer ouma Katrina nou haar kleindogter, prinses Claudia Snyman, om die taal te praat. “Sy kan al ’n bietjie praat,” sê sy.

Hulle het op die plaas Rendevouz in die Kalahari grootgeword, waar hul gesin die enigstes was wat die taal gepraat het. Hulle het ook ’n suster, maar sy praat nie N/uu nie.

Ek praat meestal Afrikaans. Ek droom in Afrikaans, maar daar is sekere tye dat ek in N/uu droom. Ek verlang baie na die ou dae toe ons ons taal in die Kalahari kon praat.

Ouma Katrina sê sy praat net N/uu en Afrikaans. N/uu verskil baie van !Khoe en !Khwe.

Taalkundiges aan die Universiteit van Kaapstad het vroeër, toe daar nog net ’n handvol aktiewe sprekers was, begin om ’n alfabet vir N/uu te ontwerp in ’n poging om die taal te bewaar.

N/uu het 112 klanke, wat 45 klik-klanke insluit, wat oor die eeue mondelings van geslag tot geslag oorgedra is.

“Ek praat meestal Afrikaans. Ek droom in Afrikaans, maar daar is sekere tye dat ek in N/uu droom. Ek verlang baie na die ou dae toe ons ons taal in die Kalahari kon praat,” sê ouma Katrina.

Desery Fienies, LUR vir sport, kuns en kultuur in die Noord-Kaap, het haar medelye met die Esau- en Sauls-gesin uitgespreek ná Pauls se dood.

“Dit is met groot hartseer dat ons moet aankondig dat ons nog ’n spreker van N/uu verloor. Simon Sauls was naas ouma Katrina Esau die enigste spreker van die taal. Hy het al die diere en insekte se name in die N/uu-taal geken en die provinsie het waardevolle kennis met sy heengaan verloor.”


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.