Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Paartjie se troue en onthaal kos net R9 000

Om ’n troue te beplan is ’n groot uitdaging. Om egter ’n troue op ’n begroting van R9 000 te beplan is ’n kuns.

Jodi (31) en Zane (27) Boshoff se bruilof is op Saterdag 8 Junie by sy pa se werk in ’n fabriek in Paardeneiland, Kaapstad, gehou.

Dit was nie die droomtroue wat Jodi aanvanklik in gedagte gehad het nie. “Ek het gedroom van ’n troue op die strand, waar die sand onder my voete en die klank van die branders op die agtergrond is,” sê sy.

Maar omdat Jodi en Zane later vanjaar Nieu-Seeland toe te wil trek, moes hulle hul sente omdraai en die troue se begroting sny.

Jodi (31) en Zane (27) Boshoff se troue het hulle ’n skamele R9 000 gekos. Foto: Verskaf

Jodi sê in haar “Boheemse tipe rok” het sy soos ’n “belangrike en elegante Wilde Willemien” gevoel.

Daar was ongeveer 50 gaste wat by enige tafel kon sit.

Volgens Daniella de Gouveia (23), een van die bruilofsgaste, het ’n familielid ’n mobiele kiosk geborg wat die spyseniering verskaf het. Elke gas het ’n hamburger gekry.

“Dit was ongewoon, maar baie beter as daardie vervelige buffets met die vervelige en vaal rys wat ’n mens altyd op troues kry,” sê De Gouveia.

Jodi Boshoff sê haar “Boheemse tipe rok” het haar soos ’n “belangrike en elegante Wilde Willemien” laat voel.Foto: Verskaf

Dis sommer so uit die hand uit geëet.

Daar was ook ’n kontantkroeg.

Die Boshoffs het seker gemaak die troue is kindervriendelik.

Die seremonie en onthaal was sommer op dieselfde plek. “Dis vir my ongelooflik om te sien wat ’n mens eintlik alles met R9 000 kan doen,” sê De Gouveia.

Meer oor:  Bruilof  |  Troue  |  Onthaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.