Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Parapleeg (55) klim Leeukop op krukke uit

’n Parapleeg (55) en pa van twee het op Valentynsdag besluit om Leeukop in Kaapstad op sy krukke uit te klim.

Christiaan Theart van Goodwood en sy skoonseun Adriaan van der Mescht (29) het Leeukop verlede maand uitgeklim nadat Adriaan dit voorgestel het.

Theart woon by sy skoonseun en oudste dogter, Nicolene (29), in Goodwood.

Christiaan Theart (55) het op Valentynsdag Leeukop op sy krukke uitgeklim. Foto: Verskaf

Theart is sedert hy ’n baba was ’n parapleeg. Hy het op die ouderdom van twee polio opgedoen.

“Ek het ystertjies om my bene gehad om my te help loop en ek kan nie sonder my krukke nie,” sê Theart.

Hy sê hy was nog altyd sportief. In 1981 het hy sy Junior-Springbokkleure vir swem en tafeltennis verwerf.

Kyk hier na die video op Facebook

“Toe my skoonseun my vra of ek Leeukop wil uitklim, was ek oorgehaal. Ek het dit as ’n uitdagende avontuur beskou,” sê hy.

Theart sê dit was die eerste keer dat hy ’n berg op en af geklim het.

“Ek het al Tafelberg uitgeklim. Maar nie op en af nie. Ek het die kabelkar na onder gevat. Dit was die eerste keer dat ek ’n berg op en af uitgeklim het,” sê Theart.

Theart op ’n leer waarmee ’n mens in ’n stadium moet klim. Foto: Verskaf

Hy het ongeveer drie en ’n half uur gevat om bo uit te kom en ’n verdere twee en ’n half uur om weer onder te kom.

“Ek het nie gedink ek gaan dit maak nie, maar ek wou myself wys dat enigiets moontlik is.”

Hy sê hy was verbaas dat hy bo uitgekom het.

“Ek het ook toe dadelik gedink aan die stryd wat die afklim nog inhou!”

Hy was uitgeput toe hy klaar was, maar het goed gevoel.

“Ek wil ander mense inspireer en wys wat moontlik is as jy deurdruk,” sê hy.

Adriaan sê hy het sy skoonpa vir die bergklim geneem omdat hy altyd daarvoor gevra het.

Theart klim Leeukop met sy krukke uit. Foto: Verskaf
Theart aan die klim op Leeukop. Foto: Verskaf

“Dit was ook goed vir hom om ’n bietjie uit die huis te kom. Hy is meestal by die huis en kyk na die kinders,” sê hy.

Hy sê toe sy skoonpa die berg op- en afgeklim het, het hy nie woorde gehad nie.

“Ek kyk so baie op na hom. Om Leeukop uit te klim is nie eens maklik vir mense wat hul bene kan gebruik nie. Maar my skoonpa het ontsettend baie geduld en deursettingsvermoë,” sê hy.

Adriaan sê baie mense het hom en Theart aangespoor tydens hul avontuur.

“Toe hy hom so met die kettings optrek . . . Een vrou het aan ons gesê nadat sy dit aanskou het, het sy nuwe krag gekry om ook die berg na heel bo uit te klim.”

’n Foto van Theart in sy jonger dae. Foto: Verskaf

Nicolene sê haar pa kan nie sy bene buig nie. “Hy het al ’n klomp operasies aan sy bene gehad. Sy omstandighede het hom egter nog nooit agtergehou nie.”

Sy sê sy het haar pa se avontuur op sosiale media gedeel omdat sy wou wys watter inspirasie hy is.

“My pa het nie altyd baie selfvertroue nie. Polio het die groei van sy bene vertraag en daarom is hy so kort. Ek wou wys hoe trots ek op my pa is,” sê Nicolene.

Meer oor:  Parapleeg  |  Leeukop  |  Goodwood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.