Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Parfuum ‘wat na niks ruik’, vlieg van winkelrakke

’n Afdelingswinkel in Engeland kan nie voorbly met bestellings van ’n peperduur parfuum wat glo na niks ruik nie.

Die parfuum, Molecule 01, word volgens The Daily Mail na verwys as die keiser se nuwe parfuum omdat die persoon wat dit aanspuit dikwels glad niks kan ruik nie.

Molecule 01 is ook op Suid-Afrikaanse webtuistes te koop teen ongeveer R2 390. Foto: myperfumeshop.co.za

Mense rondom hulle kan dit egter ruik omdat die parfuum gemaak is van ’n enkele chemikalie wat ander reuke versterk, dus as dit in aanraking kom met feromone op die vel, produseer dit glo ’n geur wat uniek is aan elke persoon.

Die verkope van Molecule 01, wat jou £72 (sowat R1 490) vir ’n bottel van 100 ml uit die sak sal jaag, skiet die hoogte in danksy die steun van bekendes soos die Engelse TV-aanbieder Davina McCall.

The Sun berig Molecule 01 het die beste verkoper nóg geword in die luukse afdelingswinkel Harvey Nichols. Daniela Rinaldi, voormalige baas van Harvey Nichols, sê toe sy die eerste keer ’n bietjie daarvan aangespuit het, “het sy glad niks geruik nie”.

Maar op haar reis huis toe het mense vir haar gesê dat sy wonderlik ruik. Dus het sy gesê: “Ek het die volgende oggend die kantoor binnegegaan en die grootste bestelling geplaas wat hulle kon hanteer”.

Die parfuum het ook ’n gesprek op die TV-nuuskanaal Sky News ontlok en aanbieders het gespekuleer of die parfuum regtig sal werk, en indien dit werk, of elke persoon regtig lekker sou ruik.

Mick Booker, adjunkredakteur van die Bitse poniekoerant The Daily Express, het op die nuuskanaal se oggendprogram opgemerk: “Jy wil nie ’n bottel hê van my natuurlike reuk nie. Dit sal heeltemal te gevaarlik wees om in die publiek los te laat,” lui ’n berig van The Daily Express se aanlyn platform. 

Meer oor:  Engeland  |  Molecule 01  |  Feromone  |  Parfuum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.