Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Pensioenaris in sorgsentrum gee ook aan Boshof-boere

Die trane van ’n inwoner van Huis Goedversorg in die brandgeteisterde Boshof in die Vrystaat het gevloei toe sy haar bydrae kon gee aan boere in die distrik wat onder brande deurgeloop het.

Ethinie de Wit (81) het twee koekies seep en ’n klein buisie tandepasta bymekaar gesit.

Sy het die hele Maandagoggend gewag vir past. Petro Kock, die bestuurder van die bejaardesorgsentrum, om haar skenking aan haar te kon oorhandig vir verdere verspreiding.

Verskeie instansies, waaronder plaaslike gemeentes, AfriForum en Boshof Agri, is besig met insamelings vir boere wat groot verliese in die brande in die streek gely het.

Ethinie de Wit met haar bydraes.

Skenkings landwyd stroom ook in en sluit in voer en liters water.

“Sy het later moeg geword, maar nog steeds was die sepies in haar hande,” sê Kock.

Ethinie, oorspronklik van Oranjemund, woon al 35 jaar in Boshof. Sy bly sedert die begin van die staat van inperking in die sentrum wat sy as ’n “tronk” beskryf omdat sy nie meer vrylik kan rondbeweeg nie.

“Dit is al wat sy het (om te gee). Dit kom uit haar hart uit. Die Woord van God sê immers Hy kyk na die hart en Hy het ’n vrygewige gewer lief. Dit laat ’n mens twee keer dink!” sê Kock bewoë.

Meer oor:  Boshof  |  Skenking  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.