Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Matriekafskeid:
Pienk is my kleur, het sy vooraf geweet

Ontwerper het Sheree net gehelp om die regte skakering te kies...

Toe Sheree de Wee van die Hoërskool Groblershoop in die Noord-Kaap die ontwerper Ann-Lee Lamprecht van Ann-Lee Couture op Upington vra om haar matriekafskeidrok te maak, het sy reeds geweet sy wil graag ’n pienk rok dra. “Ek het haar net gehelp om die regte pienk te kies,” vertel Ann-Lee. “ Ons het twee skakerings gebruik, ligter kantdetail om die hals wat donkerder purperpienk word na onder.”

Sheree de Wee en Rowan Jacques van die Hoërskool Groblershoop in die Noord-Kaap.

Die sleep van haar rok is gesny met ’n punt na agter, eerder as die gewone ronde soomlyn wat meestal gebruik word.

Vir Sheree was die hoogtepunt van die makietie wat in die skoolsaal gehou is, die heerlike kos en lekker dans wat daarop gevolg het. Die tema van die aand was “koninklik”, in pas met die Britse koninklike troue vroeër vanjaar, en die saal is gedrapeer met wit lappe en die tafels versier met wynrooi en goud. Op die spyskaart was kaasfrikkadelle, gebraaide tjops en wors, pampoenpoffers en noedelslaai.

Sheree se rok, ’n skepping van Ann-Lee Couture, is afgerond met kantdetail om die hals.

Vandat sy ’n klein dogtertjie was, het Lize Scheepers van die Hoërskool Punt in Mosselbaai daarvan gedroom om ’n middernagblou rok na haar matriekafskeid te dra. En uiteindelik is die blinkblou skepping wat sy einde Julie na die makietie van die jaar gedra het, saamgestel uit drie verskillende rokke wat haar hart begeer het.

Die rokmakers by Bester’s Bridal Bou­tique op Knysna het die patrone saamgestel en die rok met ’n lae rug, kantdetail op die bostuk en wye meerminromp gemaak.

Aan haar sy was haar skoolmaat Arno Goosen, wat self deftig uitgevat was in ’n donkerblou pak en onderbaadjie.

“My hoogtepunt was beslis die paar minute van die kar tot in die Mosselbaai-stadsaal, waar ons matriekafskeid gehou is. Die ligte, die mense weerskante van die rooi­tapyt, die foto’s, die gegil van die kinders, álles was perfek,” vertel Lize opgewonde.

Vertel ons van jou matriekafskeid. Stuur ’n paar foto’s, detail van jul uitrustings en hoogtepunte van die aand na alet@media24.com.


Meer oor:  Ann-Lee Lamprecht  |  Sheree De Wee  |  Hoërskool Groblershoop  |  Noord-Kaap  |  Ontwerper  |  Matriekafskeid  |  Rok  |  Metgesel  |  Pienk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.