Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Plet het ’n troefkaart vir die somer
Die gewilde blouvlagstrand by Lookout in Plettenbergbaai. Foto: Plettenbergbaai Toerisme

Plettenbergbaai het vanjaar ’n troefkaart vir die somervakansie.

Dié gewilde vakansiedorp pronk met nie minder nie as ses blouvlagstrande vir die 2017-’18-seisoen. Twee bote van dieselfde toerismeonderneming het ook die gesogte status van watergebaseerde ontspanningsaktiwiteite ontvang.

Die prestasie kom nadat die dorp in Junie vanjaar onder ’n verwoestende brand deurgeloop het waarin onder meer talle huise beskadig is.

Patty Butterworth, ’n woordvoerder van Plettenbergbaai Toerisme, sê die kusdorp beskik oor gehaltegeriewe en die blouvlagstatus vir ses strande bevestig dit. Die dorp is ook reeds volbespreek vir die komende vakansieseisoen. Die dorp se strande is ’n voorkeurbestemming en is gewoonlik stampvol.

“Al die blouvlagstrande is baie uiteenlopend,” sê Butterworth. “Dit bied iets vir almal.”

Die strande is Robberg 5 (negende jaar dat dit dié status ontvang), Keurboomstrand (sewende jaar), Nature’s Valley (sesde jaar), Lookout (vierde jaar), die Dunes (tweede jaar) en die jongste toevoeging, die Singing Kettle, ook in die Keurboomsgebied.

Twee bote van die toerismeonderneming Offshore Adventures, naamlik die Robberg Express en die Oceanic Express, het ook dié status ontvang. Die onderneming bied onder meer mariene safari’s aan.

Volgens Butterworth speel strande en watergebaseerde ontspanningsbedrywighede ’n groot rol in Plettenbergbaai se toerisme.

Sy sê die Robberg-natuurreservaat is ook een van die dorp se groot attraksies. “Die reservaat is een van ons toerisme-ikone,” sê sy. “Dit is baie gewild onder toeriste.”

Meer oor:  Somer  |  Plettenbergbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.