Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Matriekafskeid:
Pragtig alleen op rooi tapyt

Jurgens Pieterse het in die middel van sy gr. 11-jaar van Limpopo na die Wes-Kaap verhuis. Omdat hy kort in sy nuwe skool, die Hoërskool Overberg in Caledon, was voor die matriekafskeid, het hy besluit om die geleentheid alleen by te woon.

Jurgens Pieterse het met ’n Harley-Davidson-motorfiets by die Hoërskool Overberg se matriekafskeid aangekom. Hy het self sy uitrusting saamgestel.
Jurgens Pieterse het met ’n Harley Davidson-motorfiets by die Hoërskool Overberg se matriekafskeid aangekom. Hy het self sy uitrusting saamgestel.Foto:

Jurgens wil volgende jaar regte gaan studeer aan die Universiteit Stellenbosch, maar intussen is sy droom om ’n model te word.

Sy pa, Simon Pieterse, het hom met ’n Harley-Davidson-motorfiets by die geleentheid afgelaai. Jurgens sou dan proteas uitdeel aan die vroue langs die rooi tapyt, maar hy het besluit om sy ma, Adél Koekemoer, met die hele bos te verras. “Daar was geen droë oog onder die mammas nie, en die meisies het gegil,” vertel Adél.

Izané Havenga het pragtig gelyk in ’n koningsblou rok van kant en sjiffon by die Hoërskool Parys se matriekafskeid.
Die rugkant van die rok skep die illusie dat dit laag gesny is.

Izané Havenga van die Hoër­skool Parys in die Vrystaat sê sy het as klein meisietjie al gedroom dat die bekende ontwerper Werner Dey haar rok maak.

Sy het ook besluit om alleen matriekafskeid toe te gaan. “Ek wou wys dat ek ’n sterk vrou is. Werner het vir my gesê ek moet op daai rooi tapyt loop asof ek aan die Mej. Wêreld-kompetisie deelneem – en ek hét!”

Meer oor:  Vrystaat  |  Caledon  |  Rapport Beleef  |  Matriekafskeidtyd  |  Uitrustings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.