Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Pretdraf in pienk op Vrouedag

Talle mense het op Vrouedag hul drafskoene aangetrek om aan die Pink Drive-pretdraf in Kaapstad deel te neem ter ondersteuning van dié bewusmakingsveldtog vir borskanker.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sê met borskanker wat een van die algemeenste vorms van kanker onder vroue is, fokus die metroraad se gesondheidsafdeling op veldtogte om vroue meer bewus van dié soort kanker te maak.

Oefening is juis goed omdat die Kankervereniging van Suid-Afrika se navorsing wys dat gereelde matige tot harde oefening vir vier tot sewe uur per week kan lei tot ’n laer risiko vir borskanker. Vir die pretdraf kon deelnemers ’n afstand van 5 km of 10 km aanpak.

Smith sê op Vrouedag word vroue gedenk omdat hulle die dryfveer in gemeenskappe is wat alte gereeld ander se behoeftes voor hul eie stel, maar nie altyd die erkenning kry wat hulle verdien nie.

Volgens hom is dit ’n geleentheid om vroue se rol in die gemeenskap te vier, asook hul drome, hoop en suksesse – iets wat eintlik elke dag van die jaar gedoen moet word.

Vroue het Vrydagoggend ter viering van Vrouedag deelgeneem aan die Pink Drive-pretstap wat by die Parade in Kaapstad se middestad begin het. Foto: Kaapstadse metroraad

Meer oor:  Jp Smith  |  Kaapstad  |  Vrouedag  |  Pretdrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.