Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Pretorianer is Mej. Hooters Wêreld

Die 24-jarige Rochelle Vlok, ’n inwoner van Lynnwood Manor in Pretoria, is die afgelope naweek gedurende ’n glansgeleentheid in Lake Tahoe in Nevada in Amerika as Mej. Hooters Wêreld gekroon.

Die 24-jarige Rochelle Vlok, ’n inwoner van Lynnwood Manor in Pretoria, is die afgelope naweek gedurende ’n glansgeleentheid in Lake Tahoe in Nevada, Amerika, as Mej. Hooters Wêreld gekroon.Foto: Zac Grimaldo

“Dit was ’n groot voorreg en eer om saam met jong vroue van oor die wêreld heen op die verhoog vir dié gesogte titel te kon meeding,” het dié sprankelende blondine, wat ook as medebestuurder van Hooters by die Willows Crossing-winkelsentrum in Pretoria werk, Sondag aan Netwerk24 gesê.

Sy het pas by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg geland nadat sy op 11 Junie na Amerika vertrek het om aan die gewilde kompetisie deel te neem. Al die deelnemers werk vir verskillende Hooters-franchises oor die wêreld heen.

“Ek is van nature ’n ekstrovert en glo daarin om elke oomblik wat die lewe ’n mens bied aan te gryp en die beste daarvan te maak.”Foto: Jaco Malan, DM Photographic

Rochelle het nie net op die kompetisie met die louere weggestap nie, maar ook met ’n kontantbedrag en grimering- en skoonheidsprodukte ter waarde van duisende rande.

Die kompetisie behels meer as om in swemdrag en in ’n deftige aandrok op ’n verhoog voor ’n skare te paradeer. Deelnemers moes gedurende die kompetisie ook vrae deur die beoordelaars beantwoord.

“Dit is nogal senutergend, want jy weet nie wat hulle jou gaan vra nie. Ek het net diep asemgehaal en my beste gegee. Ek is trots Suid-Afrikaans en glo in die Hooters-handelsmerk.

Om Suid-Afrika op ’n internasionale verhoog te verteenwoordig is ’n gevoel wat ’n mens moeilik in woorde kan beskryf.

Rochelle Vlok het nie net op die kompetisie met die louere weggestap nie, maar ook met ’n kontantbedrag en grimering- en skoonheidsprodukte ter waarde van duisende rande.Foto: Jaco Malan, DM Photographic

“Volgende jaar gaan ek terug Amerika toe. Nie om deel te neem nie, maar om iemand anders te kroon,” sê Vlok, wat Sondag deur haar ouers, Freddie en Lizl, by die lughawe met ’n bos blomme ingewag is.

“Ek kry ongelooflike ondersteuning van my familie, en die vriendskappe wat ek op die kompetisie gesmee het, sal vir ewig hou.”

Vlok, wat ook met ’n BCom-graad in ekonomie en regte spog, werk al die afgelope vier jaar by die franchise in Willows Crossing.

“Ek is van nature ’n ekstrovert en glo daarin om elke oomblik wat die lewe ’n mens bied aan te gryp en die beste daarvan te maak. My passie is om mense te bemagtig en te help om hul volle potensiaal te bereik. Ek het as ’n Hooters-girl begin en myself opgewerk na waar ek nou as ’n deeltydse bestuurder by die restaurant werk. Dit is ’n bewys dat mense met harde werk en deursettingsvermoë enige van jou drome kan najaag en verwesenlik,” sê Vlok.

“Rochelle is ’n talentvolle jong vrou,” het Suné Maritz, bestuurder van Hooters Willows Crossing, gesê.

“Sy is die toonbeeld van dit waarna die Hooters-kompetisie streef en in deelnemers soek.”

  • Die kompetisie bestaan uit verskillende kategorieë. “Die Wêreld-kategorie is slegs vir die franchises buite Amerika. Die internasionale kategorie is vir al die franchises, maar is gemik op die Amerikaanse meisies omdat verreweg die meeste franchises in Amerika geleë is.”
Meer oor:  Amerika  |  Nevada  |  Pretoria  |  Skoonheidskompetisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.