Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
R500 in spaarvarkie word R41 000 vir kankerlyer (3)

’n TV-program oor ’n driejarige kankerlyer, Keanu Moore-van de Giessen, het ’n seun van Brakpan so aangegryp dat hy R500 uit sy eie spaarvarkie geneem en begin het om geld vir Keanu in te samel.

Die liefdadigheidsprojek wat Arthur Homewood (8) begin het, het binne ’n maand meer as R41 000 ingesamel. Arthur het op 15 Oktober na die program Daar’s ’n Plek met Coenie op VIA gekyk. Sy ma, Zeldi Homewood, sê hy wou dadelik weet hoe hy Keanu kan help.

Keanu Moore-van de Giessen die naweek op die strand in Barcelona. Foto: Facebook

Die liefdadigheidsprojek waarmee hy begin het, is deel van die Laerskool Baanbreker in Boksburg se Mnr. en Mej. Banie-kompetisie.

“Hy het vir ons gevra of ons vir al ons vriende kan vra om geld te skenk. Ons het ’n groepie op WhatsApp begin en Arthur het ’n persoonlike boodskap gestuur om almal se hulp te vra.” Die groep het 180 lede. Die geld wat ingesamel is, sal later vandeesmaand aan Keanu oorbetaal word.

Die kanker neuroblastoom is op Vrydag 13 Oktober 2017 by Keanu gediagnoseer. Dit is ’n baie seldsame kanker wat by kinders voorkom. Keanu se kanker is al ver gevorder en dit is moontlik dat hy daarmee gebore is.

Keanu en sy ouers, Colette van de Giessen (38) en André Moore (35), woon tans in Barcelona in Spanje waar Keanu immunoterapie ontvang.

Dié behandeling eindig in Maart 2019 en dan wil Van de Giessen hom op ’n entstof-kursus plaas wat sy kans op terugval met 20% sal verminder. Sy en Keanu sal dan nog 18 maande lank elke twee maande moet terugvlieg sodat hy ’n inspuiting kan kry.

“Die pad is nog lank, maar hy is sterk en sal daardeur kom,” sê Van de Giessen.

* Meer inligting is op die Facebook-blad “Keanu ons Superkind” of by #Cure4Keanu te kry. Besoek die webtuiste by https://www.cure4keanu.co.za.

Luister na Arthur Homewood se boodskap hier:


Meer oor:  Geldinsameling  |  Kankerlyer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.