Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
RAAD: Hou nuuskierige Kiets uit die Kersboom

’n Kersboom en ’n katkind (of katkinders!) is nie maats nie. Óf die ornamente en liggies beland op die vloer, óf as jou katgedierte baie nuuskierig is, kan die boom omgetrek word.

’n Paar wenke om jou Kersboom regop en sonder ’n ornamentele kat te hou, is om iets sag of knus onder die boom te los.

Só sal jou kat(tte) eerder op ’n sagte kussing lê as om die boom te beklouter.

Wattebolletjies met sitronella- of potpourri-druppels op wat jy om die boom plaas kan ’n kat ook die hasepad laat kies van die boom af.

Plaas jou Kersboom of ’n entjie van meubels af – jy weet mos hoe ver jou kat kan spring!

En as jy jouself moeite wil spaar om ornamente op die vloer op te tel en jou liggies weer om die takke te drapeer, plaas ornamente net op die boonste helfte van jou Kersboom.

Meer oor:  Katte  |  Kersversierings  |  Kersboom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.