Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Rambo’ loop amper sy rieme styf

Toe hy ’n foto van homself as ’n “macho Rambo-wildbewaarder” in ’n swembroek op Instagram gedeel het, sou Mike Wright nooit kon raai dat dit bykans onmiddellik duisende klieks sou kry nie.

Mike Wright van Rondebosch in Kaapstad wou met ’n “anderste plan” na vore kom in die stryd om mense van renosterstropery bewus te maak.Foto: Instagram

In ’n uitdaging aan sy volgelinge het Wright (23) onderneem om R1 aan renosterbewaring te skenk vir elkeen wat van sy foto hou. Maar toe 11 520 mense skielik op die hartjie kliek, was die gort gaar, want Wright – tans werkloos – het nie naastenby dié bedrag geld in sy, uhm swembroek, versteek nie.

Hy het egter kop gehou en ’n skarebefondsingblad gestig sodat hy sy belofte gestand kan doen.

Wright, oorspronklik van Rondebosch in Kaapstad, sê ’n vriend, ’n regte wildbewaarder in die Laeveld, was die inspirasie vir die foto.

 “Hy was besig om in ’n reservaat te patrolleer en het ’n koeëlvaste baadjie gedra en sy geweer by hom gehad. My oë het gerek toe ek al die toerusting sien.”

 Wright sê hy het besef dat die renosterstropers nie mense is wat bloot wil oorleef nie. “Opgeleide misdadigers stroop renosters. En vir wat? Vir status in ander kulture? Dis so onnodig.”

 Hy en sy wildbewaringsvriend het toe koppe bymekaargesit om iets te doen wat mense in hul spore sal stuit ... en die Rambo in sy swembroekie is gebore. Wright lag verleë toe hy gevra word of hy nou voltyds ’n “model” gaan word.

View this post on Instagram

Standing in a riverbed looking like a mixture between Faf de Klerk and Rambo, with the sun just glinting off The Snake (the name of the AK-47 in my hands), I simply cannot deny that this is an incredible picture; however, while incredible, I am so very nonchalantly posing with this specific equipment to raise a bit of awareness (and hopefully some funds). I stand with the gun that is normally gripped by a close friend of mine, and the vest that would hang from his shoulders.. a friend who has now committed his life to a mini (not so mini) war against poaching in South Africa. He has chosen to protect the bush and the animals that live in it, specifically rhinos. Sure, I am taking the piss by wearing a Budgy Smuggler (and I realise the irony of the name RE: animal smuggling), but I know that these items are carried by this particular friend everyday, and will one day save his life, and that me wearing his gear in this fashion would truly harpoon a riveting image into the eyes of the beholder. I have decided to support his team, his anti-poaching unit, by sending through R1 for every like this post gets. If the post somehow gets picked up by those outside of my following, leading to me being in a charitable debt of a million ronds, then I’d happily fundraise aggressively to achieve the target (so feel free to share). Additionally, if anyone else would like to donate to his team of whom directly protects the Balule area, and indirectly protects the surrounding Klaserie and greater Kruger areas due to natural animal migration, then please send me through a message and I’ll give you the relevant details needed to make an informed donation (probably through me). ?????? it seems as though it is safer to be known as a poacher amongst civilians in this country than an anti-poacher, so his exact unit and name will he kept private ?? the joys of organised crime. Power. ??: @jessmakesyourday

A post shared by Mike Wright (@mikeyiswright) on


Meer oor:  Stropers  |  Wildbewaring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.