Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Reën en modder keer nie Bloemskou

Die reën wat sedert die Paasnaweek oor groot dele van die Vrystaat uitsak, keer nie skougangers om na die Bloemskou te stroom nie.

Die voorafprogram vir die skou is reeds in volle gang.

’n Modderbesmeerde Kippie Louw van Jeffreysbaai sê hy speel liewer in die modder as in die stof. Hier is hy Dinsdag saam met sy perd Snappy Pop tydens die nasionale saalperdkampioenskap in die voorafprogram van die Bloemskou. Foto: Mlungisi Louw

’n Modderbesmeerde Kippie Louw van Jeffreysbaai, wat vanjaar sy 18de skou bywoon, sê hy “speel” liewer in die modder as in die stof.

Louw en sy perd Snappy Pop is een van tientalle deelnemers wat Dinsdag in gietende reën aan die nasionale saalperdkampioenskap op die skou deelgeneem het.

Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van die Bloemskou, sê groot vermaak wag op besoekers aan vanjaar se Bloemskou wat van 26 April tot 4 Mei op die skouterrein in Bloemfontein aangebied word.

Die tema van vanjaar se Bloemskou is “Super Heroes”.

Sy sê hoewel vanjaar se skou ’n dag korter is, sluit dit twee vakansiedae, Saterdag 27 April en Woensdag 1 Mei, in.

Prinsloo sê hoewel dit moeilike ekonomiese tye is, nooi hulle nietemin almal uit om saam te staan en plaaslike ondernemings te ondersteun.

Daar is ook geen styging in toegangspryse nie.

“Breek weg van jou daaglikse roetine en kom geniet die skou. Hier is iets vir almal.”

Een van die hoogtepunte vanjaar is die wêreldrekordpoging vir die grootste spookasem op ’n stokkie.

’n Modderbesmeerde Kippie Louw van Jeffreysbaai neem Dinsdag aan die siertuigklas deel in die nasionale saalperdkampioenskap in die voorafprogram van die Bloemskou. Foto: Mlungisi Louw

Skougangers kan ook op Sondag 28 April om 11:00, 13:00, 14:00 en 16:00 die Big Bounce Troupe- professionele trampolienvertoning sien. Lede van die publiek kan ook saam spring.

Op Maandag 29 April is Lizz Meiring van 10:00 tot 14:30 by die afslaerskompetisie op die Wimpy-verhoog en haar eenvrouvertoning is om 18:00 op die Coca-Cola-verhoog.

Op Vrydag 3 Mei kan skougangers na ’n militêre parade deur 1 Spesiale Diensbataljon (1SDB) in die Vertical Signs-arena kyk en om 19:00 na ’n stoeigeveg.

Die Bloem Classic-liggaamsboukompetisie word op Saterdag 27 April van 17:00 tot 22:00 op die Coca-Cola-verhoog aangebied.

Kinders kan hulle gate uit geniet op ’n sintetiese ysskaatsbaan, die Ola-treintjie, aan allerlei diere en natuurlik in die pretpark.

Meer oor:  Bloemskou  |  Bloemfontein  |  Reën  |  Storms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.