Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Reis terug in tyd

Die staat van inperking het vakansies deurmekaargekrap. ’n Uitstappie na ’n museum om meer oor Suid-Afrika se geskiedenis te leer, bied ’n goeie dagwegbreek.

Die Voortrekkermonument

Gerard Moerdijk se grys granietkolos in Pretoria herdenk die Voortrekkers wat tussen 1835 en 1854 uit die Kaapkolonie noordwaarts getrek het.

Bekyk onder meer die enorme 92 meter lange marmerfriese in die Heldesaal wat die verhaal van die Groot Trek uitbeeld, die Senotaaf en die vyftien tapisseriepanele. Die museum bied begeleide toere en tans ook ’n kunsuitstalling oor Pretoria/Tshwane met werke van onder meer J.H. Pierneef en Frans Oerder.

Die museum is oop vir die publiek en toegang is R95 vir volwassenes met afslag vir kinders en pensioentrekkers. Vir meer inligting, besoek www.vtm.org.za of skakel 012 326 6770.

Die Apartheidsmuseum

Die wêreldberoemde museum in die suide van Johannesburg het meer as 20 uitstalruimtes wat die verhaal van apartheid en die geboorte van demokrasie in Suid-Afrika uitbeeld.

Die museum het met die begin van die inperking gesluit, maar sal na verwagting binnekort weer oop wees vir die publiek.

Toegang is R100 met afslag vir studente, kinders en pensioentrekkers. Vir meer inligting, besoek www.apartheidmuseum.org of skakel 011 309 4700.

Robbeneiland

Beleef die eiland se geskiedenis oor 500 jaar met ’n begeleide toer van sowat drie uur na die steengroewe, Robert Sobukwe se huis, die begraafplaas vir melaatses en die tronk waar die politieke gevangenes aangehou is.

Die toer eindig op ’n emosionele hoogtepunt met ’n besoek aan oudpres. Nelson Mandela se tronksel.

Toere na Robbeneiland, een van Suid-Afrika se voorste toeristebestemmings, is hervat, maar is beperk tot sekere tye. Bespreek vooraf en hou in gedagte dat gure weer die bootritte kan kortwiek.

Toegang vir Suid-Afrikaners is R400 per volwassene en R210 vir kinders onder 18 jaar. Besoek www.robben-island.org.za of skakel 021 413 4200.

Die Kasteel

Dit word beskou as een van die bes bewaarde voorbeelde van ’n fort van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie.

Dit is tussen 1666 en 1679 gebou uit rotse van Vlaeberg en leiklip van Robbeneiland – eers nadat Jan van Riebeeck die Kaap verlaat het.

Dit huisves onder meer die William Fehr-versameling van historiese kunswerke en ’n militêre museum. ’n Moslem-erfenismuseum is pas hier bekend gestel.

Gaan kyk hoe die seremoniële wagte die Van der Stel-ingang oopmaak en na die afvuur van die kanon, wat destyds gebruik is om die aankoms van ’n skip aan te kondig.

Toegang is R50 vir volwassenes met afslag vir kinders en pensioentrekkers. Vir meer inligting, besoek www.castleofgoodhope.co.za of skakel 021 787 1249.

Museums oor die land heen het gedurende die strenger vlakke van die staat van inperking gesluit. Verskeie het nog nie weer vir die publiek oopgemaak nie, so doen eers navraag voordat jy gaan aanklop.

Meer oor:  Robbeneiland  |  Monumente  |  Erfenis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.