Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Riversdal-skone mik na Mej. Tiener Statebond SA-kroon
Anita Peens, wat haar arm in ’n busongeluk verloor het, wil graag ’n model word. Foto: Verskaf

Anita Peens (17), ’n skoolmeisie van Riversdal in die Suid-Kaap, wat haar regterarm in ’n busongeluk verloor het, mik na die Mej. Tiener Statebond Suid-Afrika 2019-kroon.

Anita, ’n gr. 11-leerling van die Hoërskool Langenhoven in Riversdal, is een van die kompetisie se 25 finaliste. Sy het in Augustus 2009 haar arm verloor in ’n busongeluk naby Thabazimbi in Limpopo toe sy op pad huis toe van die skool af was.

Oor die ongeluk sê sy: “Ek het geslaap, maar kan wel ’n paar dinge onthou, soos dat ek op die teerpad gelê het en mense wat my in die ambulans laai.”

Volgens haar het sy die dag toe sy uit die hospitaal ontslaan is, besef dat sy anders as “normale mense” is. Pleks daarvan om haarself te bejammer het sy besluit om ander te help.

Mej. Tiener Statebond 2019 is die eerste skoonheidskompetisie waaraan sy deelneem. Sy sê die kompetisie bied ’n platform aan vroue om hulself te bemagtig en mense te leer om na gemeenskappe uit te reik.

Anita Peens, ’n Mej. Tiener Statebond 2019-finalis, wys haar slag voor die kamera. Foto: Verskaf

“Die adrenalien het gepomp toe ek op 5 Maart hoor ek is ’n finalis. Dit het toe ingesink dat my toekomsdrome waar kan word,” sê sy.

Haar planne sluit in om ’n suksesvolle model te wees. “Ek wil mense soos ek wys dat jy nie hoef weg te kruip omdat jy ‘anders’ is nie.”

Haar rolmodelle is die Kanadese model Winnie Harlow, wat met vitiligo, ’n tipe velsiekte, gebore is, asook die Nederlandse model Debbie van der Putten wat ook haar regterarm in ’n busongeluk verloor het.

“By albei van hulle het ek geleer dat mense wat ‘anders’ is, ongeag hul gestremdheid ook hoogtes kan bereik. Ek wil graag so ’n rolmodel wees en ander inspireer.”

Sy glo jong mense moenie bang wees om hul drome te na te jaag nie. “Wees jouself. Met harde werk en die regte ondersteuning kan jy jou drome verwesenlik.”

Anita woon saam met haar gesin op ’n plaas buite Riversdal. Sy hou daarvan om te teken, foto’s te neem en

grimering te doen.

Mej. Tiener Statebond 2019 word op 16 Augustus in Goudrifstad in Johannesburg gekies. Besoek hierdie Facebookblad vir meer inligting. 

Anita Peens Foto: Verskaf

Meer oor:  Riversdal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.