Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Roeier steeds positief ná noue ontkoming op Oranjerivier
Edward-John (Bean) Hill

Hy is vasbeslote om sy tog op die Oranjerivier van langer as 2 000 km met sy geel boot te voltooi nadat hy ’n noue ontkoming gehad het.

Edward-John (Bean) Hill, van Langebaan aan die Weskus, het in April begin om die langste rivier in Suid-Afrika aan te pak om geld in te samel vir liefdadigheid. Die geld sal aan Boere Droogtehulp SA oorhandig word sodat verskeie instansies en behoeftige mense gehelp kan word.

Maar sowat ’n week gelede het Hill byna verdrink. Hy sou Beyers van Staden en Camel Janse van Rensburg, wat die reis saam met hom aanpak, voor Vioolsdrif in die Noord-Kaap op ’n plaas ontmoet.

Hy het later besef hy is reeds verby die ontmoetingspunt. Hy moes nog ’n paar kilometer aanpak om weer by Van Staden en Janse van Rensburg uit te kom. Op pad moes hy stormsterk winde trotseer.

“Daar was ’n keerwal wat ek moes oorsteek. Toe ek oor die keerwal is, het die wind my teruggedruk. Die boot het omgedop en ek is in ’n maalgat ingesluk,” het Hill Dinsdag gesê.

Hill sê hy het gedink hy gaan sterf. “Ek sien amper die lug deur die water, en dan word ek weer ingetrek. Ek het baie water gesluk.”

Bean Hill sal Donderdag sy reis in hierdie bootjie voortsit.

Toe hy uiteindelik uit die water kom, het hy hulp gaan soek. ’n Dokter op Upington het hom ondersoek en was bekommerd dat hy longontsteking kan opdoen. Hill het al die toerusting verloor wat saam met hom in die boot was, maar ’n paar dae later het hy sy boot teruggekry met behulp van ’n boer in die omgewing.

‘Ek wil 'n verskil maak’

Ná die voorval het Hill by sy huis in Langebaan aangesterk en ’n week gerus. Hy voel nou sterk en gesond en is gereed om Donderdag sy tog op die Oranjerivier te hervat.

“Ek wil ’n verskil maak, ek wil hoop bring. Dis swaar om mense te sien sukkel,” het Hill Dinsdag gesê oor hoekom hy die tog graag wil voltooi.

Camel Janse van Rensburg het die tog saam met Bean Hill aangepak.

Ná die voorval het bemoedigende boodskappe op die Bean Extreme Facebook-blad ingestroom. Hill sê hy waardeer die ondersteuning.

“Dankie vir al die support, ek kan nie genoeg dankie sê nie. En dank die Vader dat ek nog hier is om my storie te vertel.”

Hy het sowat 1 900 km afgelê en nog 400 km is oor.

Hy sê daar is egter nog nie baie geld ingesamel nie. Hy moedig mense aan om die inskrywings oor sy reis te deel, want iemand wat bereid is om finansieel by te dra, is dalk op hul Facebook-blad.

Mense wat meer wil weet of ’n bydrae wil maak, kan meer lees op die Bean Extreme Facebook-blad (https://www.facebook.com/BeanExtremeOfficial), of kan die webwerf www.boeredroogtehulpsa.org besoek.

Meer oor:  Oranjerivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.