Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Rok waarin 15de kind gedoop word al 100 jaar oud
Chrisna du Plessis saam met Mia van der Merwe, klein Martin se ouer sussie, in die eeu oue rok waarin sy gedoop is.

'n Dooprok van die Du Plessis-familie van die Tulbagh-omgewing wat vir die eerste keer in 1919 gedra is, gaan nou vir die 15de keer gedra word wanneer ’n agterkleinkind binnekort in die NG kerk Stellenberg in Bellville gedoop word.

Die eerste familielid wat die rok gedra het, was Gertruida Paulina Möller (later du Plessis), toe sy op 31 Mei 1919 in Wolseley naby Ceres gedoop is.

dooprok
Gertruida hou haar kleinseun Stephanus du Plessis vas.

Daarna is die wit dooprok van dun, wit materiaal mooi gebêre en al vier Gertruida se eie kinders is in die rok gedoop.

Die rok is jare later weer uitgehaal en vyf van Gertruida se kleinkinders is daarin gedoop. Drie van die kleinkinders was haar oudste seun Charl s’n en twee van hulle haar tweede jongste kind Deon s’n.

dooprok, pauline
Pauline van der Merwe se oudste dogter, Mia, is in Desember 2015 gedoop.

Van die volgende generasie het vier agterkleinkinders sover die rok aangehad en nou trek die vyfde agterkleinkind binnekort die rok aan. Dié kleinseun sal Cornelius Marthinus (Martin) van der Merwe gedoop word.

Chrisna du Plessis, Martin se ouma en vrou van Gideon, sê die dooprok lyk nie meer heeltemal soos dit gelyk het toe dit gemaak is nie.

“Die rok het oorspronklik ’n lang val onderaan gehad. Êrens het ’n muis of ’n rot dit ongelukkig beetgekry,” sê Chrisna, wat tans in Worcester woon.

“Ouma Gertruida was baie ontsteld dat die val afgehaal moes word. Die spierwit onderrokkie is darem nog mooi.”

Ouma Gertruida is in 2013 dood.

Die doopplegtigheid wat binnekort in die NG kerk Stellenberg plaasvind, gaan ook spesiaal wees vir die Van der Merwe-kant van die familie.

Nie net sal klein Marthinus Cornelius (Martin) van der Merwe in die eeu oue dooprok gedoop word nie, maar sy oupa sal ook dié sakrament aan hom bedien. Ds. Cornie van der Merwe van Bredasdorp sal sy kleinseun in Kaapstad op 5 Mei kom doop.

Meer oor:  Tulbagh  |  Doop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.