Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Matrioekafskeid:
Rok was Pinterest-perfeksie

Lehaine Loots van die Hoërskool Punt in Mosselbaai het maande voor haar matriekafskeid al die perfekte rok gehad. Die probleem? Dit was in die vorm van ’n prentjie op die sosiale media-platform Pinterest.

Lehaine Loots en haar metgesel, Jason Jonker, op pad afskeid toe. Foto: Verskaf
Dit het maande geneem, maar eindelik het Lehaine Loots se rok perfek uitgekom.
Om haar beste vriend, Jason Jonker, as metgesel te hê, was een van die hoogtepunte van haar afskeid, sê Lehaine Loots.

Byna ses maande lank het haar ma net die regte materiaal gesoek om dié in die prentjie na te boots, maar sonder sukses.

“Uiteindelik het sy toe ’n grafiese ontwerper in George gevra om die ontwerp te maak en dít op sintetiese sy in die Kaap laat druk,” vertel Lehaine.

Haar ouma Lynette Webb het toe ingespring en die rok gemaak – nes Lehaine dit wou hê.

Eindelik is die hele gesin ook betrek toe haar pa en broer vir Lehaine en haar metgesel, Jason Jonker, aangery het na die afskeid.

“Die rok en aand was perfek!

“Jason is my beste vriend, en sy geselskap, asook ons skool se rok-modeparade, was die hoogtepunte.”

Meer oor:  Hoërskool Punt  |  Mosselbaai  |  Rok  |  Pinterest
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.