Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Ruan Josh gaan optree by dinee

Liefde, omgee en musiek is wat sy wêreld laat draai. En dit is wat die sanger Ruan Josh gaan opdis by die Beeld-Kinderfonds se Valentyns­dinee op 14 Februarie.

Ruan Josh is een van die kunstenaars wat by die spog­dinee, wat 19:00 by Union Ca­terers Utopia Place in Lynnwoodweg in Pretoria gehou word, gaan optree.

Hy sê dis vir hom ’n voorreg om deel te wees van die projek.

Wanneer hy aan Valentynsdag dink, dink hy onwillekeurig aan die jaar toe hy 12 jaar oud was en dolverlief was op ’n blonde meisie in sy klas.

“Sy het my heeltemal op my senuwees gehad en ek kon hoegenaamd nie met haar praat sonder om te hakkel of te bloos nie. So, op Valentynsdag, toe almal in die saal in rooi getooi was, het ek vir haar ’n briefie aangestuur deur ’n ketting van maats en dit onderteken as ’n ‘geheime bewonderaar’. Daar is nie ’n gelukkige einde nie, want ons het nooit gekys nie, maar sy het darem ’n glimlaggie gegee toe sy my brief lees en dit het my jaar gemaak.”

Ruan Josh skryf tans aan sy nuwe album, wat later vanjaar uitgereik word. “Ek is baie opgewonde daaroor en verder toer ek die land vol!”

Ander kunstenaars wat by die geleentheid gaan optree, sluit in Charlize Berg en die sanggroep Lieflinge. Die radiopersoonlikheid Amore Bekker is die seremoniemeester.

Kaartjies vir die dinee kos tussen R400 en R1 200 per persoon. Die R400-pakket sluit in ’n driegangmaaltyd en tafelwyn en die R600-pakket ’n viergangmaaltyd en meer tafelwyn.

Die platinum-pakket kos R800 per persoon en sluit in ’n viergangmaaltyd, ’n bottel wyn per paartjie en tafelgeskenke. As jy die goud-pakket teen R1 000 per persoon bespreek, ontvang jy ’n vyfgangmaaltyd, tafelwyne, vonkelwyn en koeldrank, asook tafelgeskenke.

Die diamant-pakket kos R1 200 per persoon wat insluit ’n vyfgangmaaltyd, ’n vol kroeg en tafelgeskenke. Daar is tafels beskikbaar vir agt, tien en 12 gaste.

  • Vir meer inligting en besprekings, bel Adrie by 076 597 1282 of stuur e-pos na info@beeldkinderfonds.co.za.
Meer oor:  Beeld-Kinderfonds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.