Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
SA mik vir eerste kroon as Mej. Supranasionaal

Thato Thelma Mosehle vertrek volgende week na Pole om deel te neem aan die Mej. Supranasionaal-skoonheidskompetisie, en sy hoop sy kan dié kroon vir die eerste keer Suid-Afrika toe bring.

Thato Thelma Mosehle
Thato Thelma Mosehle, wat Suid-Afrika volgende maand by die Mej. Supranasionaal-kompetisie gaan verteenwoordig, met haar nuwe haarstyl.

Met ’n splinternuwe haarstyl, nege aandrokke, tien skemerkelkierokkies, 25 gewone daguitrustings en ’n swembroek, sê Mosehle sy is gereed en geëerd om Suid-Afrika te gaan verteenwoordig.

Die Mej. Supranasionaal-kompetisie word gereken as een van die “groot vyf” skoonheidskompetisies en is volgens Werner Wessels, afrigter van Mej. SA, ’n mengsel van die Mej. Wêreld- en Mej. Heelal-kompetisie.

Mosehle vertrek reeds lank voor die kroningsaand op 22 Augustus omdat sy eers in die uitdunrondes met vroue van ander lande sal meeding.

Dié rondes behels modellering, talentkompetisies en ander soortgelyke aktiwiteite.

Dit is wat dié kompetisie gemeen het met die Mej. Wêreld-wedstryd, waar vroue mekaar die stryd aansê in allerhande aktiwiteite, ook sport. Hoewel die Mej. Wêreld-kompetisie nie ’n swembroek-ronde het nie, sal Mej. Supranasionaal-deelnemers minstens drie keer in hul swemklere verskyn.

Hulle wil nie hê dit moet ’n uitdaging wees om die kostuum heelpad saam te piekel nie.

Soos by Mej. Heelal, sal daar ’n glansryke kroningsaand wees waar al die deelnemers in aandrokke en swembroeke modelleer.

Dié kompetisie het ook, soos Mej. Heelal, ’n ronde vir nasionale kostuums. Maar Wessels sê die organisasie het gevra dat deelnemers nie uitvoerige, groot of swaar kostuums na Pole moet bring nie.

“Hulle wil nie hê dit moet ’n uitdaging wees om die kostuum heelpad saam te piekel nie,” sê Wessels.

Anders as die Mej. Heelal-kompetisie, waar die wenner in New York woon terwyl sy die kroon dra, woon die wenner van Mej. Supranasionaal in haar vaderland. Sy reis van daar na ander lande.

Die wenner kry $35 000, ’n kroon, verskeie borgskappe vir hare en grimering, en ’n spesiale Mej. Supranasionaal-ring.

Thato Thelma Mosehle nadat sy tweede geëindig het in die Mej. SA-kompetisie. Foto: Instagram

Mosehle sal ook ’n kamer deel met ’n ander deelnemer van die kompetisie, maar dit is nog nie duidelik wie dit sal wees nie. Sy vertrek op Woensdag 4 Augustus na Pole.

Chanique (Chani) Rabe van Windhoek, Namibië vertrek na Pole waar sy om die Mej. Supranasionaal-kroon gaan meeding. Foto: Instagram

Ter voorbereiding het die Mej. SA-span gefokus op Mosehle se uitrustings, juwele en haarstyl, maar ook op haar vermoë op die loopplank en haar vermoë om vrae te beantwoord. Soos Natasha Joubert, wat aan die Mej. Heelal-kompetisie deelgeneem het, het sy ook hulp gekry met haar aksent.

Vanjaar is die eerste jaar dat die Mej. SA-organisasie ’n verteenwoordiger na dié kompetisie stuur. Suid-Afrika is al voorheen by die kompetisie verteenwoordig, maar het tot dusver nog nie tot by die topvyf gevorder nie.

Al Mosehle se uitrustings is deur Suid-Afrikaanse ontwerpers gemaak, sê Wessels. Die ontwerper van haar aandrokke is Anel Botha, haar nasionale kostuum is ontwerp deur Scalo Designer en haar swembroek deur TracyB Swimwear.

Namibië word vanjaar verteenwoordig deur Chanique (Chani) Rabe van Windhoek. Sy het reeds Sondag na Pole vertrek.

Namibië het in 2019 baie goed gevaar in dié kompetisie toe Yana Haenisch tweede geëindig het. Die wenner was Anntonia Porsild van Thailand, wat steeds die kroon dra.

Na verneem word, sal die Mej. Supranasionaal-kompetisie tussen 21 en 22 Augustus regstreeks op die organisasie se YouTube-kanaal uitgesaai word.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.