Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
SA nie onder 100 gelukkigste lande op wêreldranglys

Suid-Afrika is weer nie onder die top-100-lande wat gelys word op grond van hoe gelukkig hul burgers is nie.

Suid-Afrika is 106de uit die 156 lande wat in die jaarlikse “World Happiness Report” gelys word. Dit weerspieël die mate van geluk wat ’n land se burgers tussen 2016 en 2018 ervaar het.

Verlede jaar was Suid-Afrika 105de op die lys vir die tydperk 2015 tot 2017.

Die verslag word jaarliks deur die Verenigde Nasies (VN) se Sustainable Development Solutions Network (SDSN) uitgereik aan die hand van ’n peiling waarin burgers wêreldwyd aandui hoe hulle in hul land voel.

Vanjaar se verslag fokus op “geluk en die gemeenskap” en kyk na hoe tegnologie, sosiale norme, konflik en beleid die “evolusie van geluk” oor die laaste paar dekades bepaal het.

Finland is aan die hand van peilings wat Gallup tussen 2016 en 2018 gedoen het, weer as die gelukkigste land aangewys.

Die res van die top-10-lande word dikwels ook as die gelukkigste aangewys en sluit in Denemarke, Noorweë, Ysland, Nederland, Switserland, Swede, Nieu-Seeland, Kanada en Oostenryk.

Amerika is 19de op die ranglys en het van verlede jaar af met een plek teruggesak.

Volgens die skrywers het geluk oor die wêreld heen afgeneem as die bevolkingsgroei in ag geneem word en dit word deur ’n deurlopende afwaartse neiging in Indië gedryf.

“Wat emosies betref, is daar die afgelope tyd ’n styging in negatiewe gevoelens, wat veral in Afrika en Asië kommer, hartseer en woede insluit.”

Inwoners van die top-10-lande waar die grootste afname in geluk aangedui is, ervaar allerlei ekonomiese, politieke en maatskaplike probleme. Van die lande waar die grootste afname tussen 2005 en 2008 voorgekom het, is onder meer Jemen, Indië, Sirië, Botswana en Venezuela.

Die verslag van die SDSN word geredigeer deur prof. John F. Helliwell van die Brits-Columbië-universiteit in Kanada, prof. Richard Layard van die London School of Economics en prof. Jeffrey Sachs, direkteur van die SDSN.

Top-10- “gelukkigste” lande tussen 2016-’18

1. Finland

2. Denemarke

3. Noorweë

4. Ysland

5. Nederland

6. Switserland

7. Swede

8. Nieu-Seeland

9. Kanada

10. Oostenryk

  • Lees die volledige verslag hier.
Meer oor:  Peiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.