Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
SA vryduiker (28) van Oudtshoorn ryg rekords in

Sy is baie trots en opgewonde oor haar vryduiker-dogter se prestasies wat nou twee wêreldrekords insluit.

Talya Davidoff Foto: www.gofundme.com

So sê Belinda du Plessis van Oudtshoorn by navraag oor haar dogter, Talya Davidoff (28), wat onlangs onder meer twee wêreldrekords gewen het vir paalspies- (pole spear) en pylgeweer-hengel (vroue).

Talya het ook twee nasionale rekords opgestel in vryduik (56 m en 60 m in die CWBF-afdeling (constant weight bi-fins) op die Caribbean Cup Freediving-kompetisie wat verlede maand in Roatán, Honduras, gehou is.

Talya het ’n graad in mariene biologie aan die Universiteit van Kaapstad (UK) verwerf en is ’n oudleerling van die Hoërskool Oudtshoorn.

In 2017 het sy ook drie Suid-Afrikaanse rekords op die Suid-Afrikaanse Vryduik-kampioenskap in Port Elizabeth laat spat. In Maart vanjaar het sy ’n SA rekord in die CWBF-afdeling in die 51 m-item opgestel. Dié oorwinning het sy op haar Facebook-blad opgedra aan ’n groep mense, onder wie haar ma en haar pa, Dennis Davidoff, wat in Januarie vanjaar oorlede is.

Haar ma sê nie net moet ’n mens fiks wees om die sport te kan beoefen nie, maar jou kop moet reg ingestel wees.

“Dit is geestelik baie uitdagend.”

Gelukwense vir Talya se jongste prestasies, onder meer van die Oudtshoorn Sakekamer, het ook op Facebook verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.